Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Majola-week oefenlopie vir reeks teen Indië
Ryan Cronjé, draaier van die Vrystaat, speel in sy derde week.Foto: Gallo Images

Twaalf spelers van die nasionale o.19-Wêreldbeker-groep sal in volgende week se Khaya Majola-krieketweek in die KwaZulu-Natalse Middelland goeie oefening vir die komende eendagreeks teen Indië se jonges kry.

Die Suid-Afrikaanse o.19’s speel einde vandeesmaand in Oos-Londen in drie eendagwedstryde teen hul Indiese eweknieë, die heersende wêreldkampioene. Dié twee lande is ook vroeg in Januarie ter voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi in ’n vierhoekige reeks met Nieu-Seeland en Zimbabwe in Durban slaags.

Die jaarlikse Khaya Majola-week begin Maandag, met Michaelhouse as hoofkwartier. KZN-Binneland is vir die eerste keer gasheer vir die jaarlikse provinsiale o.19-skoleweek.

’n Suid-Afrikaanse Skolespan en SA Colts-span sal aangewys word en sal volgende Saterdag in ’n T20-wedstryd slaags wees.

Vyf spelers – Bryce Parsons (Gauteng), Lifa Ntanzi (KZN), Jonathan Bird (WP), Achille Cloete (Boland) en Nonela Yikha (Grens) – het al vir die SA Skolespan gespeel.

Colts-spelers soos Emmanuel Motswiri, Tumelo Yeki (albei Gauteng), Mondli Khumalo (KZN Binneland), Siya Plaatjie (WP) en Ruan Cronjé (VS) sal daarop uit wees om die volgende trappie na die SA Skolespan te gee.

Motswiri, Khumalo, Cronjé speel almal in hulle derde agtereenvolgende Khaya Majola-week.

Gauteng was in 2018 die nie-amptelike wenner van die toernooi. Hy spog volgens schoolofcricket.co.za met die seun van ’n oud-Protea in die geledere.

Gauteng was in 2018 die nie-amptelike wenner van die toernooi. Hy spog volgens schoolofcricket.co.za met die seun van ’n oud-Protea in die geledere. Neil Eksteen van Helpmekaar Kollege is die seun van die gewese draaibouler Clive Eksteen.

Gauteng begin sy week teen die Vrystaat met ’n tydkrieket-wedstryd.

Bepalings vir die eerste drie dae:

Dag 1 (tydkrieket): Gauteng t. Vrystaat; KZN t. WP; Noordelikes t. KZN Binneland; OP t. Boland; Oostelikes t. Mpumalanga; SWD t. Noord-Kaap; Grens t. Limpopo; Namibië t. Noordwes,

Dag 2 (tydkrieket): Gauteng t. KZN Binneland; KZN t. Boland; Noordelikes t. WP; Vrystaat t. OP; Oostelikes t. Noord-Kaap; SWD t. Limpopo; Grens t. Noordwes; Namibië t. Mpumalanga.

Dag 3 (T20-wedstryde): Gauteng t. Oostelikes; KZN t. SWD; Vrystaat t. Mpumalanga; KZN Binneland t. Noord-Kaap; Noordelikes t. Grens; OP t. Namibië; WP t. Limpopo; Boland t Noordwes; Gauteng t. Mpumalanga; KZN t. Noord-Kaap; Vrystaat t. Oostelikes; KZN Binneland t. SWD; Noordelikes t. Limpopo; OP t. Noordwes; WP t. Grens; Boland t. Namibië.

Meer oor:  Indië  |  Sa  |  Khaya Majola-Week  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.