Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Maketa vol moed voor SA A se toetsreeks

Die SA A-krieketspan behoort beter te vaar in die toetsreeks teen Indië A as in die afgelope eendagreeks, sê Malibongwe Maketa, die Suid-Afrikaners se afrigter.

Malibongwe Maketa, die SA A-krieketspan se afrigter. Foto: Gallo Images

Die eerste van die toetse begin Maandag in Trivandrum. Die Suid-Afrikaners het die eendagreeks met 1-4 verloor.

Al die wedstryde in die reeks is weens reën na T20-kragmetings verkort.

“Ons is nie té teleurgesteld oor hoe ons in die eendagreeks gespeel het nie,” sê Maketa. “Ons was daarop ingestel om 50-beurt-krieket te speel en daar het heelwat goeie dinge daaruit gekom.”

Die SA span het ’n klompie versterkings bygekry en Maketa dink hulle kan goed vaar in die toetsreeks van twee wedstryde.

Die SA A-span is: Aiden Markram (Titans, k), Theunis de Bruyn (Titans), Zubayr Hamza (Cape Cobras), Lungi Ngidi (Titans), George Linde (Cape Cobras), Pieter Malan (Cape Cobras), Eddie Moore (Warriors), Senuran Muthusamy (Dolphins), Marco Jansen (Knights), Dane Piedt (Cape Cobras), Wiaan Mulder (Lions), Heinrich Klaasen (Titans), Lutho Sipamla (Warriors), Khaya Zondo (Dolphins). – Krieket SA

Meer oor:  Krieket  |  Sa A-Krieketspan  |  Malibongwe Maketa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.