Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Makwethu jag nóg so ’n goeie seisoen

Hy kyk nie te ver vooruit nie. Om net bestendig te bly, is een van sy groot doelwitte vir die komende seisoen.

So sê die jong Wandile Makwethu nadat hy Saterdag op Krieket Suid-Afrika se prysuitdeling as Nuweling van die Jaar onder plaaslike spelers aangewys is.

Wandile Makwethu Foto: Gallo Images

Die 21-jarige paaltjiewagter van die Knights het hom met dié eerbewys gevoeg by die klompie paaltjiewagters in die land wat ook uitstekende kolwers is.

Suid-Afrika is eintlik geseën wat dit betref, met spelers soos Quinton de Kock, Heinrich Klaasens, Rudi Second, Kyle Verreynne, Grant Roelofson, Sinethemba Qeshile en Nicky van der Berg wat die groot handskoene dra en almal baie behendige kolwers is.

Makwethu, voormalige Suid-Afrikaanse o.19-kaptein, was ewe indrukwekkend met 594 lopies in net vyf meerdagwedstryde vir die Knights.

“Ek voel baie nederig en bevoorreg oor die prys na die heel bevredigende seisoen wat ek gehad het. Dit gee my selfgeloof in my vermoëns en vertroue om die volgende seisoen tegemoet te gaan.

“Dis lekker om erkenning te kry vir al die werk wat ek regdeur die seisoen ingesit het. Die uitdaging nou vir my is om aan te hou verbeter.

“Hopelik kan ek nog ’n goeie seisoen hê. Ek wil sake nie vooruit loop nie, maar ek glo as ek die werk agter die skerms doen, kan ek nog ’n ordentlike seisoen hê.

“Ek het uiteraard ambisies wat hoër louere betref, maar ek kyk nie te ver vooruit nie.

“As ek ’n kans kry om hoër op te speel, sal dit wonderlik wees, maar ek fokus werklik net daarop om seker te maak dat ek hierdie seisoen ’n mate van bestendigheid kan behou,” sê Makwethu.

“Die kompetisie tussen die jong paaltjiewagter-kolwers in die land is werklik taai. Ek voel net as ek na die beste van my vermoë vertoon, sal ek dalk ’n kans kry. Ek sal my bes doen om dit aan te gryp.”

Makwethu het 99 in sy buiging in Bloemfontein teen die Titans aangeteken, sy vorige span waar hy nie juis speelkans gekry het nie.

Sy honderdtal (101) teen die Cape Cobras in die Paarl was een van ’n paar eerstes in sy eerste franchise-seisoen, waarin hy die Knights ook by geleentheid aangevoer het.

Meer oor:  Wandile Makwethu  |  Krieket  |  Knights  |  Paaltjiewagter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.