Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Malan nou voorste T20-kolwer
Dawid Malan maak skouers oop in Engeland se tweede T20-kragmeting met Australië in Southampton. Foto: Reuters

Engeland se Dawid Malan het verby Pakistan se Babar Azam geskuif om die beste T20-kolwer in wêreldkrieket te word volgens die Internasionale Krieketraad (IKR) se jongste ranglys.

Die 33-jarige Malan het ’n puik reeks teen Australië beleef, met tellings van 66, 44 en 21 lopies in die drie wedstryde om Engeland te help tot ’n reekssege van 2-1.

Di kolwer van Yorkshire, wat in November verlede jaar nommer twee ter wêreld was, is nou agt ranglyspunte beter daaraan toe as Azam, terwyl die Australiese kaptein, Aaron Finch, wat 125 lopies in die reeks geslaan het, derde is.

Jonny Bairstow en Jos Buttler het ook opgeskuif op die ranglys, met Bairstow wat drie plekke geklim het na ’n loopbaanbeste 19de, terwyl Buttler van 40ste tot 28ste gespring het nadat hy 121 lopies in twee wedstryde aangeteken het.

Australië het met sy sege van vyf paaltjies in die derde kragmeting sy eerste plek op die ranglys behou.

Dié twee lande kom nou in ’n eendagreeks van drie kragmetings teen mekaar te staan, wat Vrydag begin. – Reuters

Meer oor:  Dawid Malan  |  Krieket  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.