Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dawid Malan waarsku Proteas wéér

Engeland se Dawid Malan het met ’n honderdtal in Bangladesj se T20-kriekettoernooi nog ’n waarskuwing aan die Proteas gerig.

Dawid Malan. Foto: Getty Images

Die oud-Boishaaier het Dinsdag ’n onoorwonne 100 van net 54 balle vir die Comilla Warriors teen die Rajshahi Royals in die Bangladesj Premierliga (BPL) in Chattogram geklits. Dit was egter nie genoeg om die Warriors (170/8) te laat wen nie.

Die 32-jarige Malan is met 300 lopies in ses wedstryde die topkolwer in die BPL gewees gevolg deur Rilee Rossouw met 259 lopies.

Die hotklou Malan het in November met die laaste T20-wedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland 103* van 51 balle in Napier gemoker om die reeks gelykop met 2-2 te laat eindig.

Hy was daarna in die T10-liga in die Verenigde Arabiese Emirate in aksie voor hy Bangladesj toe is.

Malan is in Engeland se eendag- en T20-groep ingesluit. – Sportredaksie

Meer oor:  Boishaai  |  Dawid Malan  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.