Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Mali-vroue stel skokkende T20-rekords op

Mali se vrouekrieketspan sal waarskynlik die Kwibuka T20-toernooi so gou moontlik wil vergeet.

Mali se vrouespan was behoorlik aan die ontvangkant in die Kwibuka T20-toernooi. Foto: Getty Images

BBCSport berig die vroue het ’n klompie ongewenste rekords opgestel in ’n veldtog waar die span in al ses sy kragmetings verneder is.

Hulle het in die toernooi die drie laagste internasionale T20-tellings behaal, terwyl drie van die vier hoogste totale in die kortste formaat van die spel teen hulle aangeteken is.

Sake het treurig begin toe Mali in sy eerste wedstryd teen Rwanda almal uitgeboul is vir slegs ses lopies. Dit is die laagste telling in die geskiedenis van internasionale T20-krieket.

Mali het ’n skamele een van sy ses lopies met die kolf aangeteken, terwyl Rwanda die wenteiken in vier aflewerings behaal het.

Mali het in sy derde wedstryd nog ’n ongewensde rekord opgestel toe Uganda die hoogste telling in T20-krieket gemoker het deur ’n massiewe 314/2 aan te teken. Dit is ’n lopietempo van 15,7.

Oumou Sow het die spel se swakste boulsyfers behaal deur 82 lopies in drie beurte af te staan.

Uganda se groottotaal het 61 bylopies ingesluit, met 30 foutballe en 28 wydlopers.

Mali het op sy beurt 10 almal uit aangeteken en die kragmeting met 304 lopies verloor.

Die span het in sy volgende wedstryd 246/1 teen Rwanda afgestaan. Hoewel Mali in sy kolfpoging al 20 beurte oorleef het, kon die span net slegs 30/9 aanteken en het die knie met 216 lopies gebuig.

MALI SE TREURMARE

* Eerste wedstryd: Mali 6 almal uit; Rwanda 8/0; Rwanda wen met 10 paaltjies.

* Tweede wedstryd: Mali 11 almal uit; Tanzanië 14/0; Tanzanië wen met 10 paaltjies.

* Derde wedstryd: Uganda 314/2; Mali 10 almal uit; Uganda wen met 304 lopies.

* Vierde wedstryd: Rwanda 246/1; Mali 30/9; Rwanda wen met 216 lopies.

* Vyfde wedstryd: Tanzanië 285/1; Mali 17 almal uit; Tanzanië wen met 268 lopies.

* Sesde wedstryd: Mali 14 almal uit; Uganda 18/0; Uganda wen met 10 paaltjies.

– Sportredaksie

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  T20  |  Mali
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.