Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Marchant, Beuran blink met vyftalle

Marchant de Lange, aanvangsbouler van die Knights, het die Dolphins laat opvolg met ’n vyftal aan paaltjies op die tweede dag van hul meerdagstryd Vrydag in Bloemfontein.

Marchant de Lange, aanvangsbouler van die Knights.Foto: Gallo Images

Met hom aan die spits is die Dolphins vir net 237 lopies in hul eerste beurt uitgeboul, in antwoord op die 478 waarvoor die Knights in hul eerste beurt uitgehaal is.

Die besoekers sal hul opvolgbeurt Saterdag op 9/0 hervat, ’n agterstand van nog 232 lopies.

Die Knights het ’n slag geslaan deur drie paaltjies voor die middagete te laat kantel wat die Dolphins op 36/3 gelaat het. De Lange (5/57) het twee daarvan laat kantel.

Senuran Muthusamy (95) en Rob Frylinck (57) het op 130/6 vir ’n ruk weerstand gebied en 95 om die sewende paaltjie aangeteken.

Die Knights se Theunis de Bruyn het sy 190 op die eerste dag Vrydag met 2/42 en twee vangskote opgevolg.

Die tuisspan se ander uitblinker Vrydag was Shadley van Schalkwyk. Hy het 70 van net 67 balle gemoker nadat hy op 3* met die Knights se telling op 400/6 voortgekolf het.

Die Dolphins-draaier Keshav Maharaj (5/128) het in sy 42ste boulbeurt sy vyftal voltooi.

* Beuran Hendricks het die Lions ook tot in ’n goeie posisie geboul teen die Warriors in Oos-Londen, waar die draaiers aanvanklik sake in die wedstryd oorheers het.

Die aanvangsbouler het met 6/31 geskitter om die Warriors vir net 145 lopies in hul tweede beurt uit te knikker.

Beuran Hendricks, aanvangsbouler van die Lions.Foto: Gallo Images

Die Lions het in hul tweede beurt (12/1) reeds hul kaptein Stephen Cook (0) verloor en moet Saterdag nog 149 aanteken om te wen.

Die Lions is Vrydag vir net 178 in hul eerste beurt uitgeboul, in antwoord op die tuisspan se 193 op die eerste dag.

Die Warriors-draaier Simon Harmer (3/46) en Jon-Jon Smuts (3/31) het elk drie paaltjies in die Lions se eerste beurt laat kantel.

* Die Cape Cobras se kaptein, Dane Piedt, het met ’n veelsydige vertoning op die tweede dag van hul wedstryd teen die Titans in Benoni geblink.

Piedt het met ’n hardnekkige kolfbeurt van 74 lopies die Cobras gehelp op 428 in hul eerste beurt aan te teken.

Die draaier (3/43) het daarna die eerste drie paaltjies in die Titans se eerste beurt laat kantel.

Die tuisspan het op 133/3 herstel om die dag op 168/3 af te sluit met Heino Kuhn onoorwonne op 57.

Andrea Agathangelou (51) het vroeër ook sy vyftigtal gekry.

Die Kapenaars het die dag op 272/5 in hul eerste beurt voortgesit. Pieter Malan was onoorwonne op 103 en het 137 aangeteken, waarna Piedt die tuisspan teen die einde frustreer het.

Meer oor:  Marchant De Lange  |  Beuran Hendricks  |  Knights  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.