Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Marchant ruil bal vir kolf; moker 100-tal
NORTHAMPTON, ENGLAND - AUGUST 24: Marchant de Lan
Marchant de Lange vier sy honderdtal vir Glamorgan. Foto: Getty Images

Die voormalige Protea-snelbouler Marchant de Lange, het met Glamorgan in die moeilikheid teen Northamptonshire in sy tweede kolfbeurt besluit om los te trek met die kolf en toe sy eerste eersterangse honderdtal gemoker.

Gemoker is ’n gepaste beskrywing, want De Lange het net 62 aflewerings benodig vir sy haastige honderdtal.

Die 29-jarige De Lange het uiteindelik 113 op nommer 10 van net 78 balle geklits wat ses viere en nege sesse ingesluit het.

Glamorgan is nog nie uit die moeilikheid nie, maar het darem 261 in sy tweede beurt gister op die derde dag gekry.

Dan Douthwaite (86) het saam met De Lange tot die redding gekom nadat Glamorgan vroeg in Northampton aan die steier was.

Die besoekers het 16/5 en later 60/8 gehad. Northamptonshire moet net 189 aanteken om te wen.

De Lange het al drie vyftigtalle in sy loopbaan aangeteken.

– Sportredaksie

Meer oor:  Glamorgan  |  Marchant De Lange  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.