Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aiden Markram op pad na Hampshire

Die Proteas-kolwer Aiden Markram is op pad na Hampshire.

Aiden Markram / Foto: Gallo Images

Maar dis nie met ’n Kolpak-kontrak soos Rilee Rossouw en Kyle Abbott wat ook vir die graafskap speel nie.

Hampshire het op sy webtuiste aangekondig Markram is as oorsese speler bekom in die plek van Dimuth Karunaratne wat weens internasionale verpligtinge nie meer beskikbaar nie. Hy kan Sri Lanka dalk in die Wêreldbeker-toernooi aanvoer.

Markram sal nou voor die WB-toernooi tyd kry om hom van Engelse toestande te vergewis sou hy die finale groep haal. Die feit dat hy aanvanklik net vir ’n maand beskikbaar is, dui dalk daarop dat hy in die groep is.

Hy kan volgens Hampshire reeds beskikbaar wees vir die graafskap se eerste meerdagwedstryd teen Essex wat op 5 April in Southampton begin.

Die graafskap sê Markram sal ook in witbalwedstryde vir hulle beskikbaar wees tot vroeg in Mei.

As hy nie die finale WB-groep haal nie sal hy langer aanbly by Hampshire wat vanjaar deur die Proteas se voormalige hulpafrigter Adrian Birrell afgerig word.

Die 24-jarige Markram het voor sy internasionale buiging as kaptein van ’n Suid-Afrikaanse A-span ’n onoorwonne honderdtal (102) in ’n meerdagwedstryd teen Hampshire in 2017 in die Ageas Bowl aangeteken.

Markram het in 2018 by Durham ’n voorsmaak van graafskapkrieket gehad.

Meer oor:  Graafskap  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Hampshire  |  Graafskapkrieket  |  Aiden Markram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.