Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Meerdagreeks: Markram se kolf skitter steeds
Aiden Markram Foto: Gallo Images

Die Titans se aanvangskolwer Aiden Markram was goed op koers na ’n derde agtereenvolgende honderdtal in die meerdagkrieketreeks toe reën ’n einde aan spel teen die Cape Cobras in Centurion gemaak het.

Markram sal Woensdag die tuisspan se eerste beurt, tans op 136/1, met sy telling op 80 voortsit.

Die Kapenaars het 411 in hul eerste beurt gekry nadat hulle op 351/5 vyf paaltjies in Dinsdag se oggendskof verloor het.

Die nasionale keurders moes Markram se naam na sy kolfbeurte van 149 en 121 verlede week teen die Warriors reeds neergepen het vir die komende toetsreeks teen Sri Lanka. Daar sal ook nie veel teenkanting wees as hy ook as kaptein aangewys word nie.

Markram (26) sal ook nie teleurstel as daar nou ’n noodgeval in die nasionale groep met die eendagreeks teen Engeland is nie.

Die meerdagreeks se nuwe voorste kolwer het voor die wedstryd teen die Cobras gesê daar was nog nie enige gesprekke met hom nie en dat sy aandag vir eers ten volle by die Titans is wat nog ’n agterstand van 275 lopies het.

TELKAART

• Die Lions is in Port Elizabeth goed op koers om ’n tweede agtereenvolgende sege te behaal nadat hulle die Warriors vir goedkoop in hul eerste beurt uitgeknikker het.

Die tuisspan is Dinsdag vir net 118 uitgehaal in antwoord op die besoekers se 389.

Sisanda Magala (3/37) het die beste met die bal teen sy ou spanmaats gevaar, terwyl die Lions se ander drie naatboulers elk twee paaltjies laat kantel het.

Die Lions het uitskeityd op 125/3 in hul tweede beurt ’n groot voorsprong van reeds 396 lopies gehad.

TELKAART

• Die Dolphins is na ’n goeie eindpoging met die kolf in hul eerste beurt ook steeds stewig geplaas teen die Knights in Durban.

Na die 17 paaltjies op die eerste dag het daar net vyf op die tweede dag gekantel.

Die Dolphins het 253 aangeteken nadat hulle op 169/7 voortgekolf het met die veelsydige Prenelan Subrayen (44) wat die besoekers frustreer het.

Die Knights het beter gevaar in hul tweede beurt, maar het op 150/2 ’n voorsprong van net 13 lopies in die stadium.

Matthew Kleinveldt (67*) en Raynard van Tonder (46) het die besoekers se terugvegpoging gelei.

TELKAART

Meer oor:  Titans  |  Meerdagreeks  |  Meerdagkrieket  |  Aiden Markram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.