Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Markram se lopiedroogte duur voort

Aiden Markram se vroeë kolfpeil aan die vooraand van die komende toetsreeks teen Indië wek kommer.

Hy het Dinsdag, as aanvangskolwer en kaptein van Suid-Afrika se naasbestes in hul eerste vierdagwedstryd teen hul eweknie van Indië in Thiruvananthapuram, ’n tweede keer met die kolf misluk.

Aiden Markram se kolfwerk op die Asiese subkontinent het nog nie aan die verwagtinge voldoen nie. Foto: Gallo Images

Markram en sy aanvangsmaat, Pieter Malan, is op die tweede dag weer vroeg uitgehaal, albei vir vier, nadat albei nulletjies in die eerste beurt gekry het.

SA A is in sy tweede beurt met die rug teen die muur op 125/5, ’n agterstand van nog 14 lopies nadat Indië se naasbestes 303 in hul eerste beurt aangeteken het. Dít was in antwoord op die 164 van die toerspan op die eerste dag.

Die 24-jarige Markram, wat as ’n toekomstige kaptein van die Proteas beskou word, het verlede jaar in sy eerste toetsreeks op die subkontinent met beurte van 0, 19, 7 en 14 teen Sri Lanka gesukkel.

Markram is Dinsdag weer deur die paaltjiewagter gevang, dié keer van die boulwerk van die ander aanvangsbouler, Shardul Thakur.

SA A was soos in die eerste beurt van meet af aan’t steier.

Die paaltjies van Khaya Zondo (10) en Senuran Muthusamy (4), albei slagoffers van die linksdraaier Shahbaz Nadeem (2/13), het die toerspan op 52/4 gelaat.

Zubayr Hamza, wat ’n oog op ’n plek in die middelorde van die toetsspan het, se 44 lopies het die bloeding vir ’n wyle gestop. Hy is goed bygestaan deur Heinrich Klaasen (35*), wat saam met Wiaan Mulder (12*) ook gehelp het dat die vierdagwedstryd nie binne twee dae verby was nie.

Die ander twee spelers in die toetsgroep – benewens Markram, Hamza, Klaasen en Muthusamy – die aanvangsbouler Lungi Ngidi en die draaibouler Dane Piedt – het vroeër elk drie paaltjies in die tuisspan se eerste beurt laat kantel.

Indië A het sy beurt Dinsdag op 129/2 hervat, maar vyf paaltjies vir 70 lopies verloor.

Die toerspan was in sy noppies met sake op 199/7, waarna Jalaj Saxena (61*) en Thakur (34) se 100 lopies om die agtste paaltjie die skaal weer stewig in die guns van die tuisspan geswaai het.

Indië se laaste twee kolwers is albei van Piedt (3/84 in 25.5 bbe.) se boulwerk gestonk, nadat hy die kaptein, Shubman Gill, vroeër vir 90 geboul het.

Ngidi het met 3/50 in 16 beurte geëindig.

Telkaart

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.