Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Markram se tweede 100-tal gee Titans hoop

Die meerdaagse krieketwedstryd tussen die Titans en die Warriors was met die uitskeityd van die derde dag se spel op ’n naaldpunt gebalanseer.

Sinethemna Qeshile speel ’n dryfhou in sy beurt van 97 lopies teen die Titans. Foto: Gallo Images

En dit was Aiden Markram se tweede honderdtal van die wedstryd wat die tuisspan weer hoop in dié kragmeting gegee het.

Markram (121 van 193 balle; 14x4), wat 149 lopies in die eerste beurt gemoker het, het nou 270 van die Titans se 580 lopies in die wedstryd aangeteken.

Die Warriors het die hef in die hand gehad die laaste paar dae, maar as die Titans Donderdag nog 50 of 60 lopies kan aanteken, gaan hulle ’n goeie kans hê om die wedstryd te wen.

Die Warriors is vroeër vir 392 in hul eerste beurt uitgeboul, met Sinethemba Qeshile (97) wat die hoogste telling aangeteken het. Dit was in antwoord op die Titans se eerstebeurt-telling van 320.

Die Titans het 265/7 in hul tweede beurt bereik, ’n voorsprong van 194 lopies.

TELKAART

• Die Lions het Woensdag ook mooi teruggeveg en het nou ’n realistiese kans om die Knights te klop.

Die Lions, wat ’n teiken van 334 lopies gestel is om die wedstryd te wen, was op 166 sonder die verlies van ’n paaltjie aan die einde van die derde dag se spel op die Wanderers.

In ’n kragmeting waar die kolwers vroeër klippe gekou het, het die Lions se aanvangspaar, Joshua Richards (82*) en Dominic Hendricks (80*), die gang van die wedstryd verander.

Die Knights is vroeër vir 235 in hul tweede beurt uitgeboul. Jonathan Vandiar (68) en Raynard van Tonder (47) se vennootskap van 106 lopies om die tweede paaltjie het ’n goeie grondslag gelê, maar hul spanmaats kon nie daarop voortbou nie.

Die Lions-naatbouler Delano Potgieter (4/41) het die beste met die bal gevaar vir die tuisspan.

TELKAART

• Die Dolphins en die Cape Cobras se kragmeting in Durban is straks op koers om onbeslis te eindig.

Die Dolphins het Woensdagmiddag 55/0 sonder verlies in hul tweede beurt bereik toe swak lig nogmaals die spel vroeg laat eindig het. Dit is ’n voorsprong van 132 lopies, met een dag oor.

Die Cobras is vroeër vir 312 in hul eerste beurt uitgehaal.

Tony de Zorzi (58), die kaptein, Zubayr Hamza (46), Pieter Malan (37), Curwin Bosch (38) en Calvin Savage (37) het almal bydraes gelewer, maar nie een kon voortgaan om ’n groot beurt te speel nie.

Senuran Muthusamy, ’n linksdraaier, het die meeste skade vir die tuisspan aangerig met ’n ontleding van 4/58.

Sarel Erwee (29*) en Muthusami (21*) sal Donderdagoggend voortkolf.

TELKAART

Meer oor:  Meerdagreeks  |  Krieket  |  Meerdagkrieket  |  Aiden Markram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.