Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Markram stapel lopies in Engeland op
Aiden Markram vir Hampshire in aksie in die Engelse graafskap-eendagreeks. Foto: Gallo Images

Die Protea-kolwer Aiden Markram het ’n tweede keer die afgelope week 88 lopies vir Hampshire in die graafskap-eendagreeks in Engeland aangeteken en Dinsdag ook ’n voorsmaak gekry van die Oval, waar Suid-Afrika die Engelse in sy eerste Wêreldbeker-wedstryd gaan pak.

Markram se vyftigtal, saam met Liam Dawson se 108 teen Surrey, het Hants gehelp om sy vyfde sege in ses wedstryde te behaal.

Hampshire het 307 aangeteken en die tuisspan vir 254 uitgehaal.

Die voormalige Protea Kyle Abbott het met 3/58 die beste met die bal vir die wenspan gevaar, terwyl Markram ook 1/24 met sy draaiers laat kantel het.

Die Warriors se Colin Ackermann het in die reeks twee agtereenvolgende honderdtalle vir Leicestershire, 152* teen Worcestershire en 119 teen Derbyshire, gemoker.

Die Dolphins se Dane Vilas het 166 vir Lancashire teen

Nottinghamshire gekry, terwyl die Titans se Leus du Plooy reeds twee vyftigtalle vir Derbyshire aangeteken het. – Sportredaksie, espncricinfo.com

Meer oor:  Kyle Abbott  |  Aiden Markram  |  Hampshire  |  Engeland  |  Wereldbeker  |  Krieket  |  Protea  |  Kolwer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.