Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Markram beloon met Protea-plek

Aiden Markram, JP Duminy en Hashim Amla is terug in die Protea-groep vir die laaste twee wedstryde van die eendagreeks teen Sri Lanka.

Aiden Markram vir die Titans in aksie. Foto: Gallo Images

Reeza Hendricks moes egter plek maak in dié groep van 15 spelers, wat Krieket Suid-Afrika Maandag aangekondig het.

Markram het nog nie vanjaar eendagkrieket vir die Proteas gespeel nie, maar twee agtereenvolgende honderdtalle en ’n blitsbeurt van 85 vir die Titans, het die keurders genoop om vir hom nog ’n kans te gee.

Duminy het onlangs eers sy terugkeer ná ’n skouerbesering vir die Cobras gemaak en met goeie beurte van 62 en 74* beïndruk. Amla is weggelaat uit die groep vir die eerste drie eendagwedstryde en het in dié tyd slegs in een eendagwedstryd vir die Cobras gespeel. Toe het hy slegs 10 lopies aangeteken.

Hendricks kon nie op sy goeie spelpeil voortbou in die eerste drie wedstryde teen Sri Lanka nie.

Wiaan Mulder is ook uit die groep gelaat, met Andile Phehlukwayo en Dwaine Pretorius die twee veelsydige spelers.

Die laaste twee wedstryde word Woensdag in Port Elizabeth en Saterdag in Kaapstad gespeel.

* Protea-groep: Faf du Plessis (k), Hashim Amla, Quinton de Kock, JP Duminy, Imran Tahir, Aiden Markram, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Dale Steyn, Rassie van der Dussen.

Meer oor:  Hashim Amla  |  Krieket  |  Proteas  |  Aiden Markram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.