Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Markram wys oplaas goeie kolfpeil

Die Proteas Aiden Markram, Theunis de Bruyn en Dane Piedt het elk goeie spel gelewer, maar die Suid-Afrikaanse A-span staan nietemin op die randjie van die afgrond ná dag twee van hul tweede vierdagwedstryd teen Indië se naasbestes.

Aiden Markram het Woensdag eindelik, ná verskeie mislukkings met die kolf, weer verby 50 geskuif. Foto: Getty Images

Markram, die span se kaptein, het met ’n onoorwonne beurt van 83 lopies weerstand gebied nadat Indië vroeër Woensdag – op die tweede dag in Mysore – tot ’n stewige eerstebeurttelling van 417 gevorder het.

Die SA A-span het die dag op 159/5 afgesluit – ’n agterstand van nog 258 lopies.

Markram en De Bruyn (41, 54 balle) het vir ’n paar boulbeurte oorheers, met ’n vennootskap van 82 om die tweede paaltjie. Hulle het die span se telling van 20/1 tot 102/1 gevoer, voordat die Indiese linksdraaier Shahbaz Nadeem opnuut Suid-Afrikaanse kolwers se Achilleshiel teen draaibalboulers ontbloot het.

Nadeem het van De Bruyn en Khaya Zondo (5) ontslae geraak, voordat die linkshandige gewrigsdraaier Kuldeep Yadav ook toegeslaan het en nóg ’n speler wat in die Protea-toetsgroep is, Senuran Muthusamy (12), uitgekry het. Yadav het kort daarna van Heinrich Klaasen (2) ontslae geraak voordat Wiaan Mulder (9*) saam met Markram tot die uitskeityd staande gebly het.

Vroeër die dag het Piedt (3/78 in 29 boulbeurte) vergoed vir sy power boulvertoning van die eerste dag. Op dag een het die wegbreekbouler Piedt syfers van 0/45 in 11 bbe. behaal. Woensdag was hy veel beter, met 3/33 in 18 beurte.

Muthusamy, daarteenoor, is liederlik gekasty. Hy het Woensdag vier boulbeurte afgestuur, wat vir 47 lopies getimmer is.

Die beste bouler was egter Mulder, wat op sy goeie vertoning van Maandag voortgebou het en met syfers van 3/47 in 22 bbe. geëindig het.

Lungi Ngidi (1/61 in 18 bbe.) het Woensdag vyf beurte afgestuur, wat 20 lopies gekos en geen paaltjies opgelewer het nie.

Vernon Philander (1/45 in 19 bbe.) het Woensdag die paaltjie van Indië A se kaptein, Wriddhiman Saha, vir 60 ingeoes. Saha is in Indië se groep vir die drie toetse teen die Proteas in Oktober.

Meer oor:  Indië A  |  Sa A-Krieketspan  |  Vierdagtoets  |  Aiden Markram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.