Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Marnus mors met Kiwi-boulers
Marnus Labuschagne moker nog ’n bal na die middebaangrens onderweg na sy vyftigtal Saterdag teen Nieu-Seeland in Perth.Foto: AP

Marnus Labuschagne gaan kort voor lank in krieketkringe as “Marnus die Magtige” bekend staan.

Dié oud-Klerksdorper het Saterdag, op die derde dag van die middag-aandtoets tussen Australië en Nieu-Seeland in Perth, ’n vyftigtal gevoeg by die drie groot honderdtalle wat hy in sy vorige drie kolfbeurte opgestapel het.

Die 25-jarige Labuschagne het sedert die begin van die Australiese toetsseisoen nou reeds 540 lopies teen ’n gemiddeld van 135 ingeryg.

Danksy sy beurte van 143 en 50 in Perth is Australië stewig in die saal teen die Kiwi’s.

Nieu-Seeland, wat Saterdag sy eerste beurt op 109/5 hervat het (in antwoord op die Aussies se eerstebeurttelling van 416), is in ’n japtrap vir 166 uitgeknikker. Die haastige hotklou Mitchell Starc het vyf paaltjies vir 52 lopies platgetrek.

Die Aussies het in snikhete toestande besluit om nie die opvolgbeurt af te dwing nie en het ’n tweede keer gaan kolf. Op ’n blad waar die bal al meer oneweredig begin deurskiet het, het hulle uitskeityd met hul telling op 167/6 gestaan – ’n stewige voorsprong van 417 lopies.

Pat Cummins (1*) en Matthew Wade (8*) sal Sondag die Aussies se beurt hervat. – Sportredaksie

Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Krieket  |  Perth  |  Nieu-Seeland  |  Australië  |  Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.