Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Marnus nou moeg vir Indië se oorheersing

Marnus Labuschagne sê Australië se kolwers moet in die derde toets in Sydney ’n balans vind tussen aggressie en dissipline nadat Indië se boulers hulle deurlopend vasgepen het in die eerste twee wedstryde van die reeks.

Die Aussies se nr. 3-kolwer Marnus Labuschagne (links) en sy kaptein, Tim Paine. Foto: Getty Images

Die tuisspan kon nog nie in een van die voorafgaande kragmetings die 200-lopie-kerf verbysteek nie en sukkel teen ’n suinige Indiese aanval. Die besoekers se boulers teiken die paaltjies en verhoed goedkoop-lopies deur die wegkant met veldwerkers te laai.

Hoewel meeste van die aandag gefokus is op Steve Smith se onvermoë om dubbelsyfers in die reeks te haal, sukkel die Suid-Afrikaanse gebore Labuschagne ook om ’n noemenswaardige bydrae met die kolf te maak.

Labuschagne, wat ’n jaar nadat hy Pakistan en Nieu-Seeland op tuisbodem oorheers het nog nie weer ’n vyftigtal kon aanteken nie, loof Indië se boulers, maar sê die Aussies moet die uitdaging aanvaar.

“Hulle is baie gedissiplineerd wat hul boulwerk en beplanning betref, die draaiers asook die snelboulers. Ek dink hulle het uitstekend volhard met ’n reguit lyn,” sê Labuschagne, wat sy paaltjie verloor het vir 48 en 28 in die tweede toets in Melbourne.

“Hulle het ons gedwing om baie aflewerings te trotseer . . . teen ’n treftempo van ongeveer twee lopies per boulbeurt.

“Ons moet baie gedissiplineerd wees. Ons moet ook met planne vorendag kom om hulle onder druk te plaas.

“Vir ons moet dit eenvoudig daaroor gaan om deurgaans maniere te vind om lopies aan te teken. Dit hoef nie mooi te wees nie, maar ons moet net aanhou veg en vasbyt en indien ons vastrapplek kry, moet ons seker maak ons behaal daardie groot tellings.”

Australië het die eerste toets in Adelaide gewen waarna Indië se oorwinning met agt paaltjies in Melbourne die reeks van vier toetse gelykop laat staan het met 1-1. Die toets in Sydney begin op 7 Januarie.

– Reuters

Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Toetskrieket  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.