Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Marnus sal goeie kaptein wees’

Australië se toetskrieketkaptein, Tim Paine, glo Marnus Labuschagne is ’n toekomstige kaptein en sê dié topordekolwer het natuurlike leierseienskappe.

Marnus Labuschagne sal ’n goeie toetskaptein wees, sê Tim Paine. Foto: Getty Images

Sedert sy buiging teen Pakistan in 2018, het die 26-jarige gebore Suid-Afrikaner gegroei in die Australiese opset en beklee hy tans die derde plek op die internasionale ranglys vir toetskolwers.

“Ek dink hy sal ’n goeie (leier) wees,” het Paine Maandag aan joernaliste in Brisbane gesê.

“Marnus is ’n groot denker oor die spel. Hy is ’n goeie spanman, hy het soveel entoesiasme vir sy span en die spel.

“Wat die vooruitgang van ons krieketspan betref en Marnus se groei, glo ek ons sal hom in die volgende paar jaar beslis die treetjie na bo sien gee.

“Hy het natuurlike leierseienskappe en as dit aangewakker en aangehelp word, dink ek hy sal ’n puik kaptein wees.”

Paine het in 2018 oorgeneem as toetskaptein in die plek van Steve Smith, wat toe vir 12 maande uit internasionale krieket geskors is en vir twee jaar belet is om leierskapsrolle te beklee vanweë sy betrokkenheid by die skuurpapierskandaal in ’n toets op Nuweland.

Paine het ook sy steun aan die afrigter, Justin Langer, uitgespreek, wie se afrigtingstyl volgens berigte gelei het tot ontevredenheid in die kleedkamer.

“Ons het ’n span-hersiening gehad aan die einde van die reeks teen Indië, wat standaardpraktyk in beroepsport is,” sê Paine. Hy sê “JL” het ’n goeie taak verrig in ’n moeilike tyd.

“Ons voel nou almal as ’n span ons wil groei en verbeter en JL is deel daarvan. Dit is nie hy alleen nie, dit is die ganse afrigtingspan en al ons spelers.” – Reuters

Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Toetskrieket  |  Tim Paine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.