Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Marsh breek hand nadat hy muur slaan

Die Australiese krieketspeler Mitchell Marsh het sy regterhand gebreek en kan tot ses weke buite aksie wees.

Mitchell Marsh stap Sondag van die veld af nadat Jackson Bird hom uitgehaal het. Hy het daarna sy frustrasie op ’n muur in die kleedkamer uitgehaal. Foto: Getty Images

Marsh, kaptein van Wes-Australië, het tydens ’n Sheffieldskild-wedstryd uit frustrasie ’n muur in die kleedkamer getakel.

Hy is Sondag op die laaste dag van die wedstryd teen Tasmanië vir 53 lopies uitgehaal. Die wedstryd het onbeslis geëindig.

Marsh (27) sal nou in ’n wedloop teen tyd wees om fiks te wees vir die eerste van Australië se twee toetse teen Pakistan, wat op 21 November begin.

“Dit was ’n geïsoleerde voorval . . . dit sal nie weer gebeur nie. Dit is ’n goeie les vir my en hopelik ook vir ander mense,” sê Marsh.

“Dit is tog maar net ’n spel. Soms word jy geklop, jy word uitgegee en jy kan nie daarom mure wil slaan nie.

“As die kaptein probeer ek altyd ’n goeie voorbeeld stel. Dit is net ’n klein probleempie vir my.”

Marsh is herroep vir Australië se laaste toets in die reeks om die As teen Engeland verlede maand.

“Justin (Langer, die Aussie-afrigter) het my gebel en gesê ek is ’n idioot,” sê Marsh.

“Ek het my spanmaats in die steek gelaat, want ek sal vir die volgende paar weke nie deel van die spanopset kan wees nie. Jammer, ouens,” sê Marsh. – Reuters

Meer oor:  Mitchell Marsh  |  Hand  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.