Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Masood (156) plaas Pakistan in beheer
Die Pakistanse aanvangskolwer Shan Masood speel ’n trekhou in sy uitstekende 156 op dag twee van die toets teen Engeland in Manchester. Foto: Getty Images

’n Wonderlike 156 deur die Pakistanse aanvangskolwer Shan Masood het sy land in beheer van sake in die eerste toets teen Engeland op Old Trafford in Manchester geplaas.

Masood se honderdtal het Pakistan Donderdag tot 326 in sy eerste beurt gehelp. Engeland het toe drie paaltjies binne die eerste sewe beurte van sy kolfbeurt verloor en het 92/4 met uitskeityd op die tweede dag bereik.

Dit was egter Masood se 156 (319 balle; 18x4, 2x6) se kolfwerk wat van die hoogste gehalte was. Die toestande het reg deur sy beurt die boulers gehelp en Engeland se naataanval is van die beste ter wêreld. En veral in Engelse toestande.

Masood het met uitstekende dissipline gekolf om die nuwe bal af te weer, maar het later versnel toe die besoekers die momentum geneem het.

Masood het met uitstekende dissipline gekolf om die nuwe bal af te weer, maar het later versnel toe die besoekers die momentum geneem het.

Hy het uitstekende vennootskappe van 96 om die derde paaltjie met Baber Azam (69) en 105 om die sesde paaltjie met Shadab Khan (45) gedeel.

Engeland se suksesvolste boulers was Stuart Broad (3/54) en Jofra Archer (3/59).

Pakistan se aanvangsboulers, Shaeen Afridi en Mohammad Abbas, was op die spreekwoordelike tiekie van die eerste bal.

Shaheen het Rory Burns been voor paaltjie in die eerste boulbeurt betrap. Abbas het gou daarna vir Dom Sibley en die groot gevaarman Ben Stokes terug pawiljoen gestuur.

Meer oor:  Pakistan  |  Manchester  |  Engeland  |  Toets  |  Krieket  |  Old Trafford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.