Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Maxwell twyfel of toetsdeur vir hom oop is

By die Australiese krieketspeler Glenn Maxwell, ’n uitblinker in die korter formate van die spel, is daar min illusie oor hoe moeilik dit gaan wees om ’n plek in sy land se toetsspan oop te speel.

Glenn Maxwell in aksie vir die Melbourne Stars in die Big Bash-liga. Foto: Getty Images

Maxwell (32), ’n veelsydige speler, kon hom nog nooit vestig in die langer formaat nie en het in net sewe toetse tussen 2013 en 2017 gespeel.

Die Aussies se reeksnederlaag teen Indië het ’n paar vrae oor die Groen Pette se middelorde laat ontstaan, maar Maxwell twyfel of daar op sy knoppie gedruk sal word.

“Om eerlik te wees dink ek nie dat ek enigsins naby daaraan is om in die prentjie (vir ’n plek in die toetsspan) te wees nie. Hulle (die keurders) het hul idee van wat hulle soek,” sê Maxwell.

“Op hierdie oomblik is daar ouens wat baie goeie spelers is. Ons almal kan sien dat Cameron Green ’n superster gaan wees.”

Waar Maxwell se rekord in sy sewe toetse maar uiters beskeie is en slegs een 100-tal insluit, troon hy uit in witbalkrieket. Hy spog met ’n treftempo van 157.95 en ’n hoogste telling van 145*, in internasionale T20-krieket.

Met Wêreldbeker (WB)-toernooie in T20-krieket wat geskeduleer is vir 2021 en 2022, sowel as die een in eendagkrieket wat in 2023 gespeel word, is daar oorgenoeg geleentheid vir Maxwell om in sy habitat uit te troon. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Glenn Maxwell  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.