Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
McCullum vervang Kallis as breier in IPL
Jacques KallisFoto: Getty Images
Brendon McCullumFoto: Getty Images

Jacques Kallis en die Kolkata Knight Riders se paaie het ná drie seisoene geskei.

Dié krieketspan, wat aan die Indiese Premierliga (IPL) deelneem, het Donderdag bekend gemaak die voormalige Nieu-Seelandse speler Brendon McCullum is sy nuwe hoofafrigter.

McCullum (37) het twee seisoene vir dié tweemalige kampioene gespeel. Hy het ook sy kolf vir die Trinbago Knight Riders, sy susterspan, in die Karibiese Premierliga (CPL) laat klap.

Die Knight Riders sê nie hoekom die voormalige Protea Kallis hom verlaat nie.

Die Knight Riders sê nie hoekom die voormalige Protea Kallis hom verlaat nie.

McCullum sê dit is ’n eer om die verantwoordelikheid te aanvaar.

“Die Knight Rider-franchises in die IPL en die CPL het ikoniese status gekry en die standaard in franchisekrieket gestel,” sê McCullum in ’n verklaring.

McCullum, voormalige aanvangskolwer, het in 2008 in die eerste wedstryd van die eerste seisoen van die IPL ’n skitterende, onoorwonne 158 teen die Royal Challengers Bangalore aangeteken. – Reuters

Meer oor:  Jacques Kallis  |  Brendon Mccullum  |  Indie  |  Krieket  |  Afrigter  |  Kolkata Knight Riders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.