Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Migael skitter teen ou spanmaats
Khaya Zondo van die Dolphins vier sy 105 teen die Cape Cobras in Durban. Foto: Gallo Images

Die Knights is in ’n stewige posisie om ’n derde agtereenvolgende sege in die seisoen se meerdagkrieketreeks te behaal.

Die besoekers het Dinsdag 111/1 in hul tweede beurt met die uitskeityd op die tweede dag van hul wedstryd teen die Lions op die Wanderers in Johannesburg bereik. Hulle het ’n voorsprong van reeds 209 lopies nadat hulle vroeër die Lions vir 202 in hul eerste beurt uitgeboul het.

Die Lions was op 14/3 en 47/5 in die knyp. Sisanda Magala het sy 6/60 opgevolg met 28*.

Die Knights-naatbouler Migael Pretorius, wat onoorwonne op 79 in Knights se eerste beurt was, het ook met die bal die oog getref en het met 4/40 teen sy ou spanmaats geëindig.

Jonathan Vandiar (53*) en Raynard van Tonder (38*) sal Woensdagoggend voortkolf.

Die Knights en die Titans is die enigste twee spanne wat hul eerste twee kragmetings van die seisoen gewen het.

TELKAART

• Die Warriors het mooi teruggeveg op die tweede dag van hulle wedstryd teen die Titans in Centurion.

Die Warriors het 319/6 met die uitskeityd bereik, ’n agterstand van ’n enkele lopie.

Die Titans is vroeër tot 320 in hul eerste beurt beperk nadat Aiden Markram (149, 190 balle, 27x4;1x6) met sy eerste bal van die dag uitgehaal is.

Marco Jansen (3/69) en Mthiwekhaya Nabe (3/86) het die meeste paaltjies vir die Warriors laat kantel.

Yaseen Vallie (80), Matthew Breetzke (53), Sinethemba Qeshile (67*) en Lesiba Ngoepe (52*) het almal vir die Warriors met die kolf uitgeblink.

TELKAART

• In Durban gaan die Cape Cobras baie goed moet kolf in die oorblywende twee dae van hul wedstryd teen die Dolphins as hulle ’n nederlaag wil vermy.

Die Dolphins het hul eerste beurt op 389/8 verklaar.

Die Cobras het slegs 31 boulbeurte in die dag gekolf en het 71/1 bereik.

Die Kapenaars se twee Protea-kolwers Pieter Malan (31*) en Zubayr Hamza (22*) sal Woensdagoggend voortkolf.

Die Dolphins se voormalige kaptein Khaya Zondo het vroeër 105 (193 b, 12x4) aangeteken om die tuisspan in ’n stewige posisie te plaas.

Spel het vroeg geëindig weens swak lig.

TELKAART

Meer oor:  Meerdagreeks  |  Krieket  |  Meerdagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.