Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pakistan moet dadelik kookwater wees
Pakistan se glipveldwerkers oefen Maandag vangskote op Old Trafford se buiteveld. Van links is Yasir Shah, Asad Shafiq en Babar Azam. Foto: Getty Images

Pakistan sal dadelik kookwater moet wees indien hy enige kans wil hê om Engeland te troef in die krieketreeks van drie toetse wat Woensdag begin, sê die afrigter, Misbah-ul-Haq.

Ses maande sedert Pakistan se laaste toets word hierdie kragmetings in die bio-borrels in Manchester en Southampton gespeel teen die Engelse, wat die Wes-Indiese Eilande met 2-1 geklop het verlede maand.

“Ons sal van meet af aan op ons beste moet wees as ons die reeks of selfs net een toets wil wen,” sê Misbah.

As ons op en wakker is en 100% gee in die eerste toets, is dit die enigste manier om Engeland te kan klop. Anders is ons in die moeilikheid.
Misbah-ul-Haq

“Ons besef Engeland het die voordeel, maar as ons op en wakker is en 100% gee in die eerste toets, is dit die enigste manier om Engeland te kan klop. Anders is ons in die moeilikheid.”

Engeland het die eerste toets in agt van sy laaste tien reekse verloor, insluitende teen die Windies, maar Misbah sê die gasheer se laaste nederlaag was grootliks toe te skryf aan die lang onderbreking weens die koronavirus.

“Dit was hul eerste toets in ’n lang tyd en daarna het hulle bestendig gespeel,” sê hy. “Ons moet gereed wees vir ’n Engelse span wat nou reeds drie toetse agter die rug het en hul laaste twee gewen het.”

Volgens hom is sy spelers geestelik vars voor die reeks.

“Maar toetskrieket is anders. As jy eers midde-in ’n wedstryd is, bou die druk soms op, maar ons sal probeer om geestelik vars te bly, ongeag wát gebeur.” – Reuters

• Engeland sal in dié reeks poog om die eerste keer in tien jaar ’n tuisreeks teen Pakistan te wen. Pakistan het op sy laaste twee besoeke aan Engeland die reekslouere onderskeidelik met 2-2 (2016) en 1-1 (2018) gedeel.

• Die eerste toets op Old Trafford begin om 12:00 (SA tyd) en word regstreeks op SS 2 uitgesaai.

Meer oor:  Misbah-Ul-Haq  |  Pakistan  |  Engeland  |  Covid-19  |  Krieket  |  Reeks  |  Old Trafford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.