Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Moeilike jare lê vir Proteas voor, sê Smith

Die talentpoel is nie meer wat dit was nie en Suid-Afrikaanse krieket moet besef dat ’n uitdagende tydjie voorlê met die dat nóg strydrosse in die skemer van hul loopbane is.

Graeme Smith / Foto: Getty Images

Dít is die mening van Graeme Smith, die Proteas se voormalige kaptein, nadat AB de Villiers sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig het.

Volgens hom moet die nasionale span hom regmaak vir ’n uitdagende oorgangsfase wat in die volgende jaar of wat vir hom voorlê.

Smith, wat op die jeugdige ouderdom van 33 uitgetree het, sê hy het gedink De Villiers sou sy kolf eers ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi wegpak.

Hy sê De Villiers is ’n speler met die X-faktor wat wedstryde eiehandig kon wen. Soos baie ander kenners meen Smith hy is onvervangbaar en sê die verlies is so erg soos om ’n Virat Kohli uit Indië se span te haal.

Suid-Afrika het boonop in die laaste paar jaar van sy belowende spelers met Kolpak-kontrakte aan Engelse graafskapspanne afgestaan.

Terselfdertyd wonder Smith ook hoe lank staatmakers soos Hashim Amla en die huidige kaptein, Faf du Plessis, nog betrokke gaan wees.

Benewens hulle staan Dale Steyn, Vernon Philander en JP Duminy se loopbane ook einde se kant toe. Morné Morkel het ook onlangs uit internasionale krieket getree.

Ek dink nie die talentpoel is heeltemal so goed soos wat dit ’n ruk lank was nie.

“Ek dink Suid-Afrikaanse krieket gaan homself in die volgende jaar of wat in ’n baie interessante fase bevind.

“Ek dink nie die talentpoel is heeltemal so goed soos wat dit ’n ruk lank was nie,” sê Smith.

“As ’n paar van die spelers ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi uit internasionale krieket tree, sal dit tyd neem om die span te herbou.

“Dit gaan interessant wees om te sien of spelers soos Hashim en Faf nog (ná die WB-toernooi) gaan speel. Suid-Afrikaanse krieket moet op sy tone bly, want dit gaan ’n uitdagende tydperk wees.”

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Graeme Smith  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.