Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Morgan wil agter geslote deure speel

Dit sal ’n “reuse stap vorentoe” wees om krieket agter geslote deure te speel, sê Eoin Morgan, kaptein van Engeland se witbal-krieketspanne.

Alle krieket in Engeland is weens die Covid-19-pandemie tot minstens 28 Mei opgeskort.

Eoin Morgan in aksie tydens die eindstryd van 2019 se Wêreldbekertoernooi. Foto: Getty Images

Tog is daar sommiges wat die moontlikheid opper om internasionale wedstryde sonder toeskouers – agter geslote deure – te speel.

Die 33-jarige Morgan, ’n Ier van geboorte, sê so ’n besluit sal tot voordeel van die land wees.

“Sport kan ’n massiewe rol vertolk om die wêreld se gemoedstoestand te verbeter en mense se perspektiewe op dinge te verander.

“Om in isolasie te wees, moedig negatiewe gedagtes aan. Sport kan help om daardie verwagting van wat dit is om weer buite en aktief te wees, te help bou.

“Dit sal ’n reuse stap vorentoe wees indien dit kan gebeur. Uit die aard van die saak is dinge egter op die oomblik baie onseker,” sê Morgan in ’n verklaring van die Internasionale Krieketraad.

Engeland het onder sy leiding die Wêreldbekertoernooi in 2019 op sy tuisveld gewen. Hy het Nieu-Seeland in die eindstryd te verslaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Eoin Morgan  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.