Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Morkel weer vir Surrey beskibaar
Morné Morkel is terug in Engeland om Surrey in Engelse graafskapkrieket te verteenwoordig. Foto: Gallo Images

Die voormalige Protea-snelbouler Morné Morkel is ná die rompslomp wat reise wêreldwyd betref, uiteindelik weer vir Surrey in Engeland beskikbaar.

Die 35-jarige Morkel het hom in Australië bevind toe die inperkings weens die Covid-19-pandemie sport tot stilstand geruk het.

Die 44 paaltjies van Morkel, deesdae ’n Kolpak-speler, was verlede seisoen die meeste vir Surrey in die plaaslike meerdagreeks.

Dié graafskap sal sy terugkeer verwelkom nadat hy sonder ’n rits van sy staatmakers albei sy eerste twee meerdagstryde in die reeks om die Bob Willis-trofee verloor het.

Van Surrey se snelboulers is beseer en die graafskap is verder met ’n klomp spelers in Engeland se groep uitgedun.

Ben Foakes, Sam Curran, Rory Burns en Ollie Pope is in die nasionale groep vir die toetsreeks teen Pakistan, terwyl Jason Roy en Tom Curran in die eendagreeks teen Ierland betrokke was. Reece Topley, Jordan Clark, Nick Kimber, Connor McKerr en Jade Dernbach het almal beserings opgedoen.

Volgens thecricketer.com wag Hashim Amla intussen op die nodige papierwerk om na Engeland te kan reis.

Dean Elgar, Surrey se ander Suid-Afrikaner verlede seisoen, speel nie dié seisoen graafskapkrieket nie.

Surrey is van Saterdag af in Arundel met Hampshire slaags. Hampshire het sonder sy voorste bouler, Kyle Abbott, wat in Suid-Afrika gestrand is, een wedstryd gewen en een verloor.

Van die graafskapspanne is hoopvol om weer van hul buitelandse spelers in die komende T20-reeks tot hul beskikking te hê.

Die bepalings van die Vitality Blast-reeks is vandeesweek bekend gemaak. Dit sal 27 Augustus tot 3 Oktober beslis word.

Van die oorsese spelers wat in die Karibiese Premierliga (18 Augustus tot 10 September) en Indiese Premierliga (19 September tot 10 November) betrokke is, kon nie oorweeg word nie.

Die Sussex Sharks kan weer op die knoppie van die voormalige Protea David Wiese druk.

Die veelsydige Wiese het die begin van die meerdagreeks weens visumprobleme misgeloop, maar het dit intussen uitgestryk en behoort volgens sussexcricket.co.uk voor die einde van die maand weer in Engeland te wees.

Sussex se ander Suid-Afrikaner, Stiaan van Zyl, gaan volgens die webtuiste die hele seisoen misloop, maar sal volgende jaar terug by die graafskap wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Morné Morkel  |  Surrey  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.