Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Victor Mpitsang nuwe keurderbaas

Victor Mpitsang is die Proteas se tiende sameroeper sedert Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale krieket in 1991.

Victor Mpitsang Foto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika het Woensdag aangekondig dat die voormalige Suid-Afrikaanse snelbouler van die Vrystaat die leisels oorneem by Linda Zondi.

Die 40-jarige Mpitsang sal die media Donderdag op die bekendstellingsgeleentheid van die seisoen by Hammanskraal te woord staan.

Mpitsang, voormalige keurderbaas van die Suid-Afrikaanse o.19-span, is laat verlede jaar gevra om die pos van Protea-keurderbaas tydelik oor te neem toe Graeme Smith as direkteur van krieket aan boord gekom het. Hy het dit toe van die hand gewys en gesê die aanbod was net ’n bietjie te vinnig op hom.

Zondi het die afgelope seisoen waargeneem as keurderbaas nadat hy van 2015 tot verlede jaar die laaste heeltydse hoofkeurder was.

Patrick Moroney, ’n ervare krieketadministrateur van Gauteng, en die voormalige keurder Hussein Manack was ander kandidate op die kortlys.

Mpitsang, sowel as Manack, het ná hul speeldae as krieketkommentators by die spel betrokke gebly.

Meer oor:  Ksa  |  Victor Mpitsang  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.