Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Derde nederlaag vir Jozi-manne

Die Jozi Stars se verdediging van die eerste Mzansi-superligatitel is besig om lelik skipbreuk te ly.

Die Johannesburgse span het Donderdagaand sy derde agtereenvolgende nederlaag in vanjaar se toernooi gely toe hy op Nuweland in Kaapstad met 57 lopies teen die Cape Town Blitz vasgeval het.

Liam Livingstone
Die Engelse kolwer Liam Livingstone het die langsteel ingelê vir die Cape Town Blitz en Donderdagaand 65 lopies teen die Jozi Stars in die Mzansi-superliga aangeteken. Foto: Gallo Images

Die Stars is steeds op soek na hul eerste sege.

Die besoekers se probleme het sommer vroeg begin. Temba Bavuma, die Stars se kaptein, het besluit om eerste te boul.

Die Blitz het tot dusver die seisoen op sy gevaarlikste gelyk wanneer hy eerste gekolf het en ’n teiken kon stel. Dit was Donderdagaand weer so met die Kapenaars wat 183/6 in hul 20 beurte aangeteken het.

Die jong Engelse kolwer Liam Livingstone (65 van 41 balle; 3x4, 5x6) het die langsteel ingelê. Livingstone het ’n hele paar balle in die konstruksiegebied waar die nuwe eiendomsontwikkeling langs die treinspoor gebou word, ingetimmer en die vierde skeidsregter moes ’n hele paar keer nuwe balle bring. 

Daar was darem ook goeie vertonings vir die Gautengers met die 19-jarige blitsbouler, Gerald Coetzee, wat met 2/42 geëindig het nadat hy teen die einde deurgeloop het. Hy het egter van albei die Blitz se gevaarlike aanvangskolwers, Quinton de Kock en Janneman Malan, ontslae geraak.

Die Stars het van die begin van hul kolfbeurt gesukkel om ’n indruk te maak en van die oomblik wat Chris Gayle sy wegpen met die voorlaaste bal van die eerste boulbeurt teen Anrich Nortjé (2/18) verloor het, was die tuisspan in beheer.

Nortjé het 2/9 in sy eerste skof van twee beurte geneem. Hy is goed ondersteun deur Sisanda Magala (3/17).

Bavuma het amper manalleen die geveg gevoer vir die Stars en het met 62 van 42 balle (8x4, 1x6) geëindig.

* Die weervoorspelling vir Vrydagaand se wedstryd in Durban tussen die Durban Heat en die Paarl Rocks is donker. Die Heat se eerste tuiswedstryd verlede Saterdag teen die Tshwane Spartans is weens reën afgelas en die kanse is groot dat Vrydagaand se wedstryd ook nie sal plaasvind nie.

Meer oor:  Mzansi-Superliga  |  Jozi Stars  |  Msl  |  Cape Town Blitz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.