Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
MSL-loting: Morkel kry ’n miljoen
Liam Livingstone, ’n Engelse kolwer, is vir R1 miljoen deur die Cape Town Blitz opgeraap. Foto: Getty Images

Die voormalige Protea-snelbouler Morné Morkel sal in November en Desember ’n miljoen rand in Pretoria kom verdien.

Morkel was Dinsdagoggend in Soweto die eerste speler wat in die spelersloting vir vanjaar se Mzansi-superliga opgeraap is.

Dié lenige snelbouler was die Tswhane Spartans se eerste lotingskeuse. Hy speel sedert verlede jaar as ’n Kolpak-speler vir die Engelse graafskapspan Surrey en sal terugkeer na die stad waar hy oorspronklik op die kriekettoneel verskyn het.

Die Cape Town Blitz het so effe verras deur die Engelse kolwer Liam Livingstone as sy miljoenrand-keuse in die eerste kiesronde op te raap. Die 26-jarige Livingstone het Engeland reeds in twee T20-wedstryde verteenwoordig.

Die enigste ander speler wat Dinsdag vir ’n miljoen rand opgeraap is, is die voormalige Protea-kolwer JP Duminy. Duminy was die Paarl Rocks se eerste keuse.

Die ander spanne het nie ’n eersteronde-kiesbeurt gehad nie, omdat hulle hul spelers wat in dié miljoenrand-kategorie val, reeds van verlede jaar se MSL behou het. David Miller is in dié kategorie deur die Durban Heat behou, Chris Morris deur die Nelson Mandela Bay Giants en Rassie van der Dussen deur die Jozi Stars.

Die 20-jarige kolwer Matthew Breetzke was die eerste groentjie wat gekies is. Die Giants het hom in die sesde kiesronde opgeraap en hy sal dus ’n lekker tjekkie vir R350 000 kry.

Elke span moes minstens een “groentjie” kies, wat geklassifiseer word as ’n speler jonger as 21, wat nog nie senior nasionale krieket gespeel het nie.

Die 19-jarige linkshandige sneller Marco Jansen is in die sewende kiesronde vir R250 000 as die Durban Heat se groentjie gekies. Groot dinge word van Jansen verwag.

Die 19-jarige linkshandige sneller Marco Jansen is in die sewende kiesronde vir R250 000 as die Durban Heat se groentjie gekies. Groot dinge word van Jansen verwag.

Die Paarl Rocks kan ook spog met ’n Wêreldbeker-wenner, nadat hulle die Engelse aanvangskolwer James Vince in die sesde ronde gekies het.

Nog interessante keuses was die Tshwane Spartans, wat ’n 17-jarige Afgaanse linkshandige gewrigsdraaier (Waqar Salamkheil) in die negende kiesronde (en dus in die R180 000-kategorie) opgeraap het en die deurwinterde Engelse veelsydige speler Ravi Bopara, wat in die derde kiesronde vir R750 000 deur die Durban Heat nader gehark is.

Dane Piedt
Dane Piedt

Noemenswaardige Suid-Afrikaners wat nie Dinsdag opgeraap is nie, sluit in Robbie Frylinck, Rory Kleinveldt, Andrew Birch, Dane Paterson, Dane Piedt, Senuran Muthusamy, Gihahn Cloete, Kyle Verreynne en Christiaan Jonker.

Hashim Amla het homself Dinsdagoggend aan die lys van beskikbare spelers onttrek.

Groot internasionale spelers wat nie opgeraap is nie, sluit in die Engelse bouler Liam Plunkett, wat ’n ster in hul seëvierende WB-veldtog was, die Pakistanse veelsydige draaier Iman Wasib, die Pakistanse sneller Mohammad Amir en die Engelse kolwer Dawid Malan, wat verlede jaar die Blitz se sogenaamde internasionale sterspeler was. Hulle was almal vir die ganse toernooi beskikbaar.

Volgens die reëls wat die samestelling van elke groep betref, moes elke span ’n minimum van drie en ’n maksimum van vier oorsese spelers in hul groep van 16 spelers hê. Suid-Afrikaanse Kolpak-spelers tel ook as oorsese spelers, maar elke span moet minstens twee volwaardige oorsese spelers hê.

’n Sogenaamde oorsese en Protea-sterspeler is ook aan elke span toegeken, maar hierdie spelers is reeds voor Dinsdag se spelersloting aan elke span toegewys.

Spanne moet in elke wedstryd twee etniese swart spelers op die veld hê. Elke groep moes ook drie nasionale gekontrakteerde spelers kies.

Elke span sal ’n sogenaamde “Wild Card”-keuse uitoefen ná die provinsiale T20-uitkloptoernooi, wat die naweek van die 13de September begin en die daaropvolgende naweek met die eindstryd ten einde loop.

Die spanne sal elk óf een speler uit dié toernooi kies, óf ’n speler wie se naam op die lys vir die oorspronklike loting was, maar nie gekies is nie. Van die spanne sal dié keuse gebruik om ’n groentjie te kies.

Die groepe (in die volgorde wat die spelers by die loting gekies is):

Durban Heat: Andile Phehlukwayo (Protea-sterspeler), Alex Hales (oorsese sterspeler), David Miller (behou), Dane Villas (oorsese Kolpak-speler), Ravi Bopara (oorsee), Keshav Maharaj (behou), Kyle Abbott (behou), Khaya Zondo (behou), Marco Jansen (groentjie), Daryn Dupavillon, Sarel Erwee (behou), Malusi Siboto, Prenelan Subrayan, Wiaan Lubbe, Shaun von Berg.

Tshwane Spartans: AB de Villiers (Protea-sterspeler), Tom Curran (oorsese sterspeler), Morné Morkel (oorsese Kolpak-speler), Lungi Ngidi (behou), Heinrich Klaasen, Theunis de Bruyn (behou), Roelof van der Merwe (oorsee), Lutho Sipamla (behou), Pite van Biljon, Tony de Zorzi (behou), Waqar Salamkheil (oorsee), Dean Elgar, Wiaan Mulder, Vaughn van Jaarsveld, Corbin Bosch.

NMB Giants: Imran Tahir (Protea-sterspeler), Jason Roy (oorsese sterspeler), Chris Morris (behou), JJ Smuts (behou), Junior Dala (behou), Farhaan Behardien, Beuran Hendricks, Matthew Breetzke (groentjie), Onke Nyaku, Ben Dunk (oorsee), Heino Kuhn (behou), Marco Marais (behou), Grant Thomson, Akhona Mnyaka, Nandré Burger.

Paarl Rocks: Faf du Plessis (Protea-sterspeler), Isuru Udana (oorsese sterspsler), JP Duminy, Tabraiz Shamsi (behou), Hardus Viljoen (oorsese Kolpak), Aiden Markram (behou), Bjorn Fortuin (behou), James Vince (oorsee), Dwaine Pretorius, Cameron Delport (behou, oorsese Kolpak), Sibonelo Makhanya, Henry Davids (behou), Magaliso Moosehle (behou), Ferisco Adams, Kerwin Mungroo.

Jozi Stars: Kagiso Rabada (Protea-sterspeler), Chris Gayle (oorsese sterspeler), Rassie van der Dussen (behou), Reeza Hendricks (behou), Dan Christian (oorsee, behou), Temba Bavuma, Duanne Olivier (behou, oorsese Kolpak), Simon Harmer (oorsese Kolpak), Ryan Rickleton (behoue), Aaron Phangiso, Lizaad Williams, Sinethemba Qeshile (behou), Nono Pongolo, Ethan Bosch, Delano Potgieter.

Cape Town Blitz: Quinton de Kock (Protea-sterspeler), Wahab Riaz (oorsese sterspeler), Liam Livingston (oorsee), Dale Steyn (behou), Sisanda Magala, Anrich Nortjé (behou), Asif Ali (oorsee, behou), Mohammad Nawaz (oorsee), Janneman Malan (behou), George Linde, David Bedingham, Vernon Philander, Marques Ackerman, Gregory Mahlokoana, Aviwe Mgijima.

Meer oor:  Morne Morkel  |  Faf Du Plessis  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Msl  |  Proteas  |  Kontrakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.