Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
MSL moet Bok-vreugdevure laat voortflikker

Hy hoop die Mzansi-superliga (MSL) kan die partytjiegees wat in die land heers sedert die Springbokke die Wêreldbeker (WB)-toernooi gewen het nog ’n rukkie laat voortduur, sê Jon-Jon Smuts, die Nelson Mandela Bay Giants se kaptein.

Die Giants speel Sondag hul eerste wedstryd in dié seisoen se T20-krieketreeks, wanneer hulle op St. Georgepark teen die Jozi Stars te staan kom.

Nog steeds lief vir die Springbokke! Links is Jon-Jon Smuts, die Nelson Mandela Bay Giants se kaptein, in die middel is Eric Simons, die hoofafrigter, en regs is Robbie Peterson, die hulpafrigter. Foto: Gallo Images

Dieselfde dag vind die Bokke se WB-parade in Port Elizabeth plaas.

“Wat die Springbokke gedoen het, was regtig iets baie spesiaals. Om ’n Wêreldbeker te wen, verenig regtig ’n land,” sê Smuts.

“Ek dink nie die Mzansi-reeks is heeltemal op daardie vlak nie, maar T20-krieket het nog altyd ’n baie ontspanne atmosfeer na die land gebring.

“Ek wil nie sê dis heeltemal ’n partytjiegees nie, maar dit help om by die velde waar wedstryde gespeel word, ’n genotvolle atmosfeer te skep.”

Smuts voel glad nie ongelukkig omdat die Springbokke se pronkparade deels met sy span se wedstryd bots nie.

Die parade begin Sondag om 10:00 by Port Elizabeth se stadsaal. Die bus met die Bokke en die beker beweeg dan na New Brighton, Kwazakhele, Zwide, Motherwell, Uitenhage en stop dan om 14:30 by die Green Acres-winkelsentrum in die middestad. Van die spelers en beamptes sal dan op die verhoog daar met die ondersteuners gesels.

Die Bokke is veronderstel om teen 15:00 na die lughawe te vertrek.

Wat die Bokke gedoen het, is iets spesiaals en hulle verdien al die tyd in die kalklig.

Die Giants en die Stars se wedstryd begin om 14:00 by St. Georgepark.

“Dit is wat dit is. Dis nie iets wat vooraf beplan kon word nie,” sê Smuts.

“Wat die Bokke gedoen het, is iets spesiaals en hulle verdien al die tyd in die kalklig.”

Ook Eric Simons, die Giants se hoofafrigter, sê hy gun die Bokke hul parade.

Hy het eers ’n grappie gemaak toe hy hoor hoe laat die Springbokke se parade plaasvind.

“Wag, laat ek gou vir Rassie bel dat ons iets kan uitwerk,” het hy gesê en na sy selfoon in sy broeksak gesoek.

Toe het hy gelag en gesê hy hoop maar die Baai se sportliefhebbers kan by albei geleenthede ’n draai maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.