Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
MSL-superliga amptelik uitgestel

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Maandag amptelik aangekondig dat vanjaar se Mzansi-superliga (MSL) tot volgende jaar November uitgestel is.

Kugandrie Govender, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die besluit is gegrond op verskeie “nasionale en internasionale logistieke redes, wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is,” sê Kugandrie Govender, waarnemende uitvoerende hoof van KSA.

’n Plaaslike T20-reeks sal “vroeg volgende jaar” gehou word, wat oor ’n enkelronde van wedstryde beslis sal word. Dié reeks sal spelers die kans gee om die keurders se oog te vang met die oog op die T20-Wêreldbekertoernooi wat in Oktober en November 2021 in Indië beslis word.

Govender sê reisbeperkings en die moontlike onbeskikbaarheid van nasionale spelers vanweë die hersiende internasionale kalender het hul besluit beïnvloed om die MSL uit te stel.

KSA se inkomste uit internasionale uitsaairegte kan ook ’n knou kry as internasionale en nasionale supersterre nie vir die MSL beskikbaar is nie.

Die feit dat wedstryde sonder toeskouers gespeel sou moes word, is ook oorweeg. – Sportredaksie

Meer oor:  Mzansi-Superliga  |  Ksa  |  Msl  |  Krieket Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.