Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nat buiteveld breek finaal Titans-harte

Die krieketspanne van die Dolphins en Knights het Saterdag in Potchefstroom tot die halfeindronde van die plaaslike eendagreeks deurgedring nadat die laaste groepwedstryd in Groep A tussen dié einste twee spanne weens ’n nat buiteveld afgelas is.

POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA - JANUARY 16:  Apparen
'n Nat buiteveld in Potchefstroom het die skeidsregters Saterdag genoop om die plaaslike eendagwedstryd tussen die Dolphins en Knights te kanselleer. Foto: Gallo Images

Dit het gevolg nadat dit Vrydagaand asook vroeg Saterdagoggend weer gereën het.

Die Dolphins (13 punte) het eerste in die groep geëindig, die Knights (6) tweede en Titans (5) derde. Laasgenoemde span het in net een van sy vier geskeduleerde wedstryde gespeel, nadat hy die afgelope week by drie geleenthede moes hoor spel is weens 'n nat buiteveld nie moontlik nie. 

Die wedstryde in Groep B tussen die Cape Cobras, Lions en Warriors word tussen 20 en 23 Januarie ook in Potchefstroom gespeel. – Sportredaksie

Meer oor:  Titans  |  Knights  |  Plaaslike Eendagreeks  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.