SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Krieket
Ngidi kan nie wag vir eerste MSL-proesel

Nadat ’n besering hom in 2018 uit die Mzansi-superliga (MSL) gehou het, is Lungi Ngidi, snelbouler van die Tshwane Spartans, waarskynlik meer gretig as die meeste spelers om vanjaar deel van hierdie toernooi te wees.

Lungi Ngidi / Foto: Getty Images

“Ek wil net enige vorm van krieket speel, maak nie saak wat dit is nie,” het hy gesê oor hierdie kortste weergawe van die spel (T20) waarin hy nou vir die volgende maand betrokke gaan wees.

“Om saam met iemand soos Morné Morkel vir Tshwane te speel sal my senuwees kalmeer, terwyl dit ook opwindend is om Lutho Sipamla in ons groep te hê,” sê Ngidi.

Aan die een kant is Sipamla, die jong snelbouler van die Oos-Kaap, eintlik ’n mededinger van Ngidi om ’n plek in die nasionale span, maar Ngidi sien dit nie in daardie lig nie.

Die Protea-bouler glo hy en Sipamla sal mekaar goed aanvul en dat wie ook al die beste spelpeil openbaar, voor in die koor moet wees om die nasionale span te haal.

“My lisensie wat ek in die span (Spartans) het is om wedstryde te probeer wen met my boulwerk. Daarvoor aanvaar ek die verantwoordelikheid,” sê hy.

Die Spartans speel Woensdag in Centurion teen die Nelson Mandela Bay Giants. Hul eerste wedstryd Saterdag in Durban teen die Heat het uitgereën, maar Ngidi sê dit het hulle net gretiger gemaak om hul stempel op die toernooi af te druk.

Die 23-jarige Ngidi, wat vroeg verlede jaar ’n opwindende begin tot sy internasionale loopbaan gehad het, het al in vyf toetse, 22 eendagwedstryde en sewe T20-kragmetings vir Suid-Afrika gespeel.

Weens beserings het sy loopbaan so effe tot stilstand gekom en het hy net in die laaste van die drie toetse teen Indië in Ranchi op die onlangse katastrofiese toer gespeel.

Hy het nie veel van ’n impak gemaak nie en erken hy was teleurgesteld met die beperkte kanse wat hy gekry het en dat hy nie veel beheer gehad het oor hoe dinge vir hom uitgewerk het nie.

“Ek voel ook nie dit is ideaal om so vroeg in jou internasionale loopbaan al met ’n paar verskillende afrigters te moes werk nie. Ons as spelers moet maar aanpas by die situasie.

“Hier by die Titans en die Spartans is daar darem kontinuïteit met Mark Boucher as afrigter,” sê hy.

In Chris Morris, Farhaan Behardien, Junior Dala en Heino Kuhn het die Oos-Kaapse Giants spelers wat vertroud is met hoe dinge werk in Centurion. Ngidi glo ’n interessante uitdaging wag Woensdag.

Meer oor:  Mslt20  |  Mzansi-Superliga  |  Msl  |  Tshwane Spartans  |  Lungi Ngidi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.