Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Niemand het van BLM vergeet nie’
Die Engelse snelbouler Jofra Archer in aksie teen die Aussies. Foto: Getty Images

Die Engelse snelbouler Jofra Archer sê hulle het nie van die “Black Lives Matter” (BLM)-beweging vergeet nie nadat die Windies-legende Michael Holding die Engelse krieketbeheerliggaam (ECB) gekritiseer het toe spelers ophou kniel voor die begin van wedstryde.

Spelers van Engeland en die Wes Indiese Eilande het die knie gebuig voor elke kragmeting in hulle reeks van drie toetse in Julie, maar dié simboliese gebaar is gestaak voor die Pakistan-reeks, asook die twee witbal-reekse teen Australië.

Die ECB het sy besluit in ’n verklaring verdedig en sê dit gaan oor “langtermyn- en volhoubare verandering” en dat inisiatiewe gevestig is wat daarop gemik is om diskriminasie uit alle vorme van krieket te weer.

Voor die huidige reeks begin het, het die Australiese kaptein, Aaron Finch, gesê sy span sal nie die knie buig nie, want “opvoeding is belangriker as protes”.

Holding verskil van hom ook en meen bewusmaking en opvoeding is albei belangrike aspekte in die geveg vir gelykheid.

Archer sê Holding se kritiek is onredelik.

“Ons het nie vergeet nie, niemand het van BLM vergeet nie,” sê Archer.

“Ek dink dit is bietjie onredelik van Michael Holding om nie sy navorsing te doen voor hy begin kritiseer nie. Ek is nogal seker hy is nie bewus van wat agter die skerms gebeur nie.

“Ek glo nie hy het al ’n gesprek gehad met ((ECB-grootbaas) Tom Harrison nie. Ek het met Tom gesels en ons is besig met dinge in die agtergrond.”

Die Engelse het ook “Black Lives Matter”-logos op hulle hemde gedra gedurende die reeks teen die Windies, maar dié gebaar is gestaak vir die reekse teen Pakistan en Australië.

– Reuters

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Black Lives Matter  |  Eendagkrieket  |  Jofra Archer  |  Ecb  |  Michael Holding  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.