Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi-kampioen ruk Mickey uit wildernis

Die Suid-Afrikaanse krieketafrigter Mickey Arthur se tyd in die “wildernis” was van korte duur.

Mickey Arthur. Foto: Getty Images

Arthur, ’n voormalige afrigter van die Proteas en Pakistan, is pas aangestel as die Central Stags in Nieu-Seeland se nuwe breier.

Dis die 51-jarige se eerste pos sedert hy kort ná die Wêreldbeker-toernooi die trekpas as Pakistan se afrigter gekry het.

Die Stags is die verdedigende kampioen in Nieu-Seeland se plaaslike T20-kompetisie. Arthur sal op 1 Desember die leisels by hulle oorneem.

“Ek sien regtig baie uit daarna om my by die span aan te sluit,” het Arthur luidens ’n nuusverklaring gesê.

“Ek het nog altyd groot respek vir Nieu-Seelandse krieket gehad en dit gaan baie opwindend wees om nou daar te werk. Ek beskou dit as ’n groot en goeie geleentheid vir my.” – Sport24

Meer oor:  Krieketafrigter  |  Central Stags  |  Mickey Arthur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.