Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nkwe wil SA meer pyle in koker gee

Die Proteas-krieketspan gaan nie meer net op ’n goeie snelboul-aanval staatmaak nie.

Daardie filosofie van Ottis Gibson, voormalige Suid-Afrikaanse krieketafrigter, is by die deur uit met die Proteas se tussentydse spandirekteur, Enoch Nkwe, wat daarop ingestel is om die nasionale span se veelsydige byt terug te kry.

Enoch Nkwe, KSA se waarnemende spandirekteur. Foto: Gallo Images

Nkwe, ’n veelsydige krieketspeler op sy dag, sê daar gaan nie klem gelê word op ’n spesifieke vaardigheid nie, maar dat daar na alle aspekte van die Proteas-toetsspan gekyk sal word.

Onder Gibson het die Proteas as ’n bouleenheid uitstekend gefunksioneer, maar die eens gedugte kolfwerk van die Suid-Afrikaners het daaronder gelei.

Selfs die draaibalboulers in die nasionale span het onder Gibson bitter min geleenthede gekry.

Keshav Maharaj, tans die Proteas se voorste toetsdraaier, het veral min kanse onder die afrigting van Gibson gekry.

Die feit dat Gibson, ’n voormalige Windies-snelbouler en boulafrigter van Engeland, grotendeels op sy snelboulers staatgemaak het, het daartoe gelei dat slegs een SA kolwer op die top-10-ranglys van die Internasionale Krieketraad verskyn – en hy skraap ook net-net in.

Aiden Markram, aanvangskolwer van die Pro­teas, is tiende, Quinton de Kock 11de en die kaptein, Faf du Plessis, 12de op dié lys.

“Ek sien nie myself fokus op net een kant van die spel nie,” het Nkwe gesê.

“My ervaring as speler het my geleer om meer gebalanseerd na elke afdeling van ’n span te kyk.

Nkwe het Lance Klusener as sy hulpafrigter vir die T20-reeks gekry, terwyl Vincent Barnes as Nkwe se boulafrigter na Indië reis.

“Dis hoe ek my spanne oor die jare gebrei het. Jy moet regtig alle afdelings verstaan.

“Ek is struktuur-gedrewe, so ek wil ’n kultuur en omgewing vestig waarin elke speler kan floreer.

“My ondersteuningspan gaan daar wees om elke afdeling van die spel te dek, en my werk gaan wees om die beste uit elke individu te kry.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.