Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nóg ’n eerbewys vir Virat Kohli
Virat Kohli verlede jaar teen Engeland op Lord’s in aksie. Foto: Getty Images

Virat Kohli is wéér as krieket se “toonaangewende speler” aangewys.

Die sport se “bybel”, die Wisden Cricketers’ Almanack, het die Indiese kaptein en topkolwer ’n derde jaar as die wêreld se toonaangewende speler vereer.

Kohli (30) is ook een van Wisden se vyf Krieketspelers van die Jaar saam met Engeland se Jos Buttler en Sam Curran, Rory Burns, kaptein van die graafskapkampioen, Surrey, en Tammy Beaumont van Engeland se vrouespan.

Wisden se uitsoeklys is beperk tot die spelers wat die beste op Britse bodem presteer het.

Kohli, wat in 2014 slegs 134 lopies op Indië se vorige toer in Engeland aangeteken het, het verlede jaar 593 lopies in die toetsreeks teen ’n gemiddelde van 59 geslaan.

“Ofskoon sy span aan die verloorkant geëindig het, het Indië se kaptein met die kolf uitgeblink,” het Lawrence Booth, redakteur van die Wisden, gesê.

Sy toetskolfwerk, veral in Engeland, was manjifiek, terwyl sy peil eendagkrieket tot nuwe hoogtes geneem het, as dit moontlik was.
Wisden-redakteur

“Sy toetskolfwerk, veral in Engeland, was manjifiek, terwyl sy peil eendagkrieket tot nuwe hoogtes geneem het, as dit moontlik was.”

Kohli, wat ook tans die Internasionale Krieketraad se Speler-, Toets- en Eendag-speler van die Jaar is, het 2 735 lopies in die drie weergawes van internasionale krieket in 2018 teen ’n verstommende gemiddelde van 68.37 aangeteken. Dit het 11 honderdtalle ingesluit.

Indië se Smriti Mandhana, met 1 291 lopies in eendagkrieket, is die toonaangewende speler in vroue-krieket.

Afganistan se bybreekbouler Rashid Khan is die tweede jaar agtereenvolgens as die T20-speler van die Jaar aangewys. – Reuters

Meer oor:  Virat Kohli  |  Indie  |  Engeland  |  Kaptein  |  Krieket  |  Kolwer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.