Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nóg ’n SA krieketspeler na VSA
Calvin Savage in die kleure van die Dolphins in aksie. Foto: Gallo Images

Die veelsydige Calvin Savage is nog ’n voormalige Suid-Afrikaanse o.19-krieketspeler, wat sy loopbaan in Amerika gaan voortsit.

Die Knights-kolwer Andries Gous het vroeër vanjaar aangekondig dat hy hom by sy voormalige spanmaat Shadley van Schalkwyk in Seattle gaan aansluit.

Corné Dry (Knights) en David White (Warriors) gaan ook in die Amerika speel.

Savage (28), wat voorheen vir die Dolphins gespeel en die afgelope seisoen vir die Cape Cobras beskikbaar was, het volgens clubcricket.co.za ’n kontrak van drie jaar met die Michigan Cricket Stars gesluit.

Savage wys ook daarop dat hy op 31-jarige ouderdom vir Amerika kan kwalifiseer.

“Ek voel ek het my alles in Suid-Afrikaanse krieket gegee. Ek het probeer om vir Suid-Afrika te speel, maar kan nie sien dat dit nog gaan gebeur nie,” het Savage aan clubcricket.co.za gesê.

“Dit word al hoe moeiliker in Suid-Afrika. Die kanse raak al hoe meer beperk. In Amerika is daar baie meer stabiliteit en ek is bly om ’n kontrak van drie jaar met die Michigan Cricket Stars te kon sluit.

Dit word al hoe moeiliker in Suid-Afrika. Die kanse raak al hoe meer beperk. In Amerika is daar baie meer stabiliteit en ek is bly om ’n kontrak van drie jaar met die Michigan Cricket Stars te kon sluit.
Calvin Savage

“In Suid-Afrika sou ek nie in krieket kon aanbly nadat ek ophou speel nie. In Amerika sal ek uiteindelik in afrigting betrokke kan raak of ander rolle binne die spel kan kry.

“Dit is ook belangrik dat ek by my gesin sal wees en my seun sal sien grootword. Dit sou nie in Suid-Afrika moontlik gewees het nie, waar ek waarskynlik altyd tussen spanne sou rondskuif.”

Savage het in eersterangse krieket twee honderdtalle en 13 vyftigtalle in 69 wedstryde aangeteken en vyf keer vyf paaltjies laat kantel. – Sportredaksie

Meer oor:  Amerika  |  Knights  |  Kontrak  |  Krieket  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.