Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Noordwes onttroon WP in krieketweek

Noordwes het Vrydag met die Protea-naatbouler Tumi Sekhukhune aan die spits die Westelike Provinsie in die eindstryd van die nasionale vroue-krieketweek in Bloemfontein onttroon.

Die seëvierende span van Noordwes.Foto: Gallo Images

Noordwes het met sewe paaltjies geseëvier nadat die Kapenaars vir net 151 uitgehaal is.

Sekhukhune het met 4/17 uitgeblink nadat sy aan die begin goedkoop van die Kapenaars se groot kolfster van die week, Laura Wolvaardt (17), ontslae geraak het.

Die 19-jarige Wolvaardt het die week met 368 lopies in vyf wedstryde afgesluit.

WP was sonder haar op 106/3 nog stewig geplaas voordat hy in duie gestort het.

Die ander aanvangskolwer Lara Goodall en Alexis le Breton het elk 29 lopies vir WP aangeteken.

Noordwes het met 152/3 in 30.3 beurte geantwoord.

Lizelle Lee (56, 57b) het haar tweede vyftigtal van die week gemoker.

Haar Protea-spanmaat Tazmin Brits het 46 aangeteken.

Die twee het die wenspan vroeg op koers in sy kolfbeurt met 93 lopies om die eerste paaltjie geplaas.

Die span word afgerig deur Francois van der Merwe. Die president van vroue-krieket, Hester Parsons, suster van Hansie Cronjé, was ook vandeesweek byderhand. – Johann de Jager

Meer oor:  Noordwes  |  Wp  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.