Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nortjé aan spits van puik boulvertoning
Anrich Nortjé het twee paaltjies gevat op die eerste oggend van die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande. Foto: Gallo Images

Die Protea-snelboulers het ’n skitterende eerste sessie beleef op die eerste dag van die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande in St. Lucia.

Danksy drie paaltjies deur Anrich Nortjé (3/8) en een deur Kagiso Rabada (1/24), is die Windies teen middagete in die moeilikheid met hul telling op 48/4. Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Rabada en sy aanvangsvennoot Lungi Ngidi het van die begin af probleme vir die Windie-kolwers veroorsaak.

Rabada het die buiterand van veral die kaptein, Kraigg Brathwaite, (15) klokslag geklop. Ngidi was ook pynlik akkuraat. Albei boulers het beweging en eweredige wip gekry.

Die blitsige Nortjé het gematig begin, met ’n paar aflewerings in die middel 130’s. Daarna het hy die pedaal effens ingetrap. Dit was egter nie net sy vaart nie, maar sy akkuraatheid en effense beweging van die naat af wat die einde van Shai Hope (15) en Brathwaite beteken het. Nortjé het hul albei skoongeboul.

Hy het so byna van Nkrumah Bonner (10) ook ontslae geraak net ná die paaltjie van Hope. Hy het ’n bal kort geplant, Bonner het hom met ’n trekhou probeer aanvat, maar die bal het in die lug opgeskiet en in kortregby se hande beland.

Die skeidsregters het hom nie uit gegee nie, maar Suid-Afrika het verwys. Die kykweer het gewys die regte beslissing is gemaak – die bal het Bonner op sy kopskerm getref.

Die skeidsregters het hom nie uit gegee nie, maar Suid-Afrika het verwys. Die kykweer het gewys die regte beslissing is gemaak – die bal het Bonner op sy kopskerm getref.

Bonner is later deur Rabada agter die penne laat uitvang. Nortjé het ook vir Kyle Mayers (1) op die beenskut getref, waarna Mayers uitgegee is. Hy het verwys en die kykweer het gewys die bal sou oor die paaltjies wip. Net ’n paar aflewerings later het Mayers ’n bal reguit in die lug opgeslaan en Nortjé het wel sy paaltjie platgetrek.

Suid-Afrika speel met twee debutante – Keegan Petersen en Kyle Verreynne. Verreynne is in Temba Bavuma se plek gekies, wat nog nie van sy heupbesering herstel het nie.

Meer oor:  Kagiso Rabada  |  Anrich Nortjé  |  Suid-Afrika  |  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Proteas  |  Eerste Toets  |  Snelbouler  |  Windies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.