Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nortjé, Rabada hou Delhi onoorwonne
Anrich Nortjé het Vrydagaand met 2/21 in sy vier boulbeurte vir die Delhi Capitals uitgeblink Foto: Gallo Images

Die Protea-snelboulers Anrich Nortjé en Kagiso Rabada het uitgeblink met die bal in die Delhi Capitals se sege met 44 lopies oor die Chennai Super Kings Vrydagaand in Dubai.

Dit was Delhi se tweede agtereenvolgende sege in vanjaar se Indiese Premierliga.

Delhi het 175/3 aangeteken en CSK tot 131/7 beperk.

Nortjé het met 2/21 in sy vier boulbeurte uitgeblink nadat die Aussie Shane Watson (14) in sy eerste boulbeurt ’n lewe gegun is.

Rabada (3/26) het in sy derde boulbeurt die paaltjie van sy landgenoot Faf du Plessis gekry.

Hy het in die laaste beurt nog twee paaltjies laat kantel.

Du Plessis (43) het sy derde agtereenvolgende vyftigtal net misgeloop, maar is weer die voorste kolwer in vanjaar se toernooi.

Die aanvangskolwer Prithvi Shaw (64) het vroeër die beste met die kolf vir die wenspan gevaar. – Sportredaksie

Meer oor:  Kagiso Rabada  |  Anrich Nortje  |  Indie  |  Krieket  |  Snelboulers  |  T20  |  Proteas  |  Ipl  |  Delhi Capitals
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.