Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Anrich Nortjé slaan toe met blitzkrieg

Dit het gelyk of dieselfde patroon van Suid-Afrika se afgelope sewe dae van toetskrieket homself gaan herhaal – ’n spul futlose Proteas wat geen impak in die eerste sessie van ’n dag se spel kan maak nie.

Anrich Nortjé vier die paaltjie van Ollie Pope. Foto: Reuters

Maar net ná die koeldrankpouse op dag twee van die vierde toets teen Engeland, het Anrich Nortjé (4/93) besluit tot hiertoe en nie verder nie.

Nadat Engeland hul eerstebeurttelling Saterdag in die eerste uur van 192/4 tot 258/4 gevoer het, het Nortjé sy span met drie paaltjies in die uur voor middagete terug in die toets gekry.

Eers is Ollie Pope (56) skoongeboul nadat die bal van sy binnerand af op die paaltjies gespat het. Faf du Plessis het Joe Root (59) met sy telling op 53 op eerste glip laat val van Nortjé se boulwerk, maar die “Dutchman” het kort daarna toegeslaan en Root agter die penne laat uitvang.

Met sy volgende aflewering het Sam Curran (0) ’n los hou ná ’n wye aflewering gespeel en is agter die paaltjies gevang.

Jos Buttler (16*) en Chris Woakes (19*) het tot middagete oorleef en sal op 300/7 voortkolf – reeds ’n stewige telling.

In die eerste uur het Root en Pope hul vennootskap tot 101 gevoer. Hulle het 66 lopies in 15 beurte geslaan. Dit het gelyk of die Proteas vir die vierde eerste sessie agtereenvolgens geen paaltjies sou vat nie.

Nortjé se vaart is baie waardevol op dié blad. Dit het boonop gelyk of hy weier om weer deur die Engelse oorheers te word.

Meer oor:  Anrich Nortjé  |  Proteas  |  Engeland  |  Toetsreeks  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.