Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nortjé tevrede om enige rol vir sy span te speel

Niemand in die Protea-span ken St. Georgepark in Port Elizabeth so goed soos Anrich Nortjé nie.

Dié 26-jarige blits van die Warriors speel immers al sedert 2013 eersterangse krieket daar.

Anrich Nortjé in die eerste toets teen Engeland in aksie. Foto: Getty Images

Van Donderdag af, wanneer die derde toets teen Engeland begin, sal hy in die eerste toets op sy tuisveld speel. Hy is die enigste speler van die Warriors in die Protea-toetsspan.

“Ek is baie opgewonde om in Port Elizabeth te speel. Ek het altyd hier op die grasbanke gesit en wedstryde gekyk,” het Nortjé Dinsdag in ’n bloedig warm Port Elizabeth gesê.

“Baie harde werk en opofferings het oor die jare hier ingegaan. Baie Desember-maande waarin ek moes krieket speel pleks van vakansie hou.

“Dis fantasties om die geleentheid te kry. Ek kan nie wag vir die wedstryd nie.”

Hy weet wat om van die blad te verwag.

“Die blad is anders... Die weer en toestande in die opbou tot die toets speel ook ’n groot rol. Maar ek is seker die blad sal goed wees. Dit is gewoonlik ’n goeie blad om op te kolf. Dit is wel stadiger en die bal wip nie soveel nie.”

’n Snelbouler wat op sulke blaaie speel, leer om ’n voller lengte te boul, sê hy. Die wind speel ook ’n rol. Wanneer die oostewind van die telbord se kant af instroom, is dit gewoonlik ’n boulersdag. As die wind van die westekant af inkom, is dit ’n kolwersdag.

Die vroeë aanduiding is dat ’n oostewind Donderdag oor die veld gaan waai. Vrydag gaan die wind glo draai en van die weste af inkom. Saterdag en Sondag word reën voorspel.

Baie kan natuurlik gebeur, maar as dit so uitwerk, sal die span wat die loot wen, dalk slim wees as hy kies om eerste te boul.

“Dit werk egter nie altyd so nie. Dis uiteraard nie net die wind wat ’n invloed daarop het nie.”

In die toets in 2018 teen Australië, wat die Proteas danksy ’n meesterlike honderdtal deur AB de Villiers gewen het, het ’n omgekeerde swaaibeweging ’n reuserol in die toets gespeel. Nortjé hoop dit is weer die geval. As hy teen 150 km/h omgekeerde swaai kry, kan hy bitter gevaarlik wees.

“Die blad is nogal groen. Maar dit was oral groen. Ons het in Kaapstad ook die bal met die naat dwars gedraai en die blad probeer vasboul (in ’n poging om die een kant rof te kry vir omgekeerde swaai), maar ons het geen omgekeerde swaai gekry nie.

“As dit nie gebeur nie, sal ons moet aanpas. Maar dit sal ideaal wees.”

Nortjé is egter meer as tevrede om enige rol te vervul wat van hom verwag word.

“Net om te speel, is ’n groot eer vir my. Enigiets wat die span wil hê ek moet doen, of dit nou is om die lopietempo te beheer, om toe te slaan, of om kolwers bang te probeer boul, ek doen dit met graagte.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.