Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nortjé glo positief getoets vir Covid-19

Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is volgens berigte in Indië positief getoets vir Covid-19.

Anrich Nortjé is positief vir die koronavirus getoets. Foto: Gallo Images

Nortjé en sy nasionale spanmaat Kagiso Rabada het verlede week aangekom in Indië, waar hulle vir die Delhi Capitals in die Indiese Premierliga (IPL) speel. Sedertdien is hulle in kwarantyn.

Cricbuzz het berig dat Nortjé negatief getoets is toe hy in Indië aangekom het, maar later positief getoets is. Hy is asimptomaties en sal binnekort weer getoets word.

Hy sou Woensdag by die res van sy span aangesluit het, maar dít is nou vir eers op ys vanweë sy positiewe toets.

Hy sal nou vir ’n verdere tydperk moet isoleer en daarna twee keer negatief moet toets voordat hy hom by sy span kan aansluit.

Nortjé het nie op navrae gereageer nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  Anrich Nortjé  |  Covid-19  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.