Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Nuwe kinkel in skuurpapier-skandaal?
Cameron Bancroft tydens die gewraakte balpeutery-toets in 2018 op Nuweland. Foto: Reuters

Krieket Australië (CA) het die kolwer Cameron Bancroft gevra of hy enige nuwe inligting oor die skuurpapier-skandaal van 2018 in Kaapstad het nadat hy in ’n onderhoud daarop gesinspeel het dat die span se boulers ook van die balpeutery-planne bewus was.

Die aanvangskolwer is vir nege maande geskors, terwyl die toenmalige kaptein en -onderkaptein, Steve Smith en David Warner, elk vir ’n jaar geskors is vir hul aandeel in dié skandaal. SuperSport se TV-kameras het Bancroft destyds op heterdaad betrap waar hy ’n stukkie skuurpapier in sy broek probeer wegsteek nadat hy dit gebruik het om die bal te manipuleer in die derde toets teen Suid-Afrika.

’n Skermgreep van die oomblik toe Cameron Bancroft die stukkie skuurpapier in sy broek probeer wegsteek het. Skermgreep: SuperSport

Daarna het ’n CA-ondersoek die res van die span van enige skuld vrygespreek, maar Bancroft het Vrydag in ’n onderhoud met The Guardian in Engeland nuwe vermoedens laat posvat dat dié drietal nie die enigste skuldiges was nie.

“Wat ek gedoen het, baat uiteraard die boulers en die bewustheid rondom dit is waarskynlik vanselfsprekend,” het Bancroft gesê.

Toe hy gevra is oor duidelikheid oor of die boulers geweet het, het hy geantwoord: “Uhm . . . ja, kyk, ek dink, ja, ek dink dit is baie waarskynlik vanselfsprekend.”

Ben Oliver, CA se uitvoerende hoofbestuurder van nasionale spanne, het Maandag gesê daar is na Bancroft uitgereik om hom te herinner dat hy enige bykomende inligting, wat hy nie in die oorspronklike “deeglike ondersoek” weergegee het nie, nou kan deel. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.