Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
o.19-WB soos reünie vir oud-spelers van GW

Daar is die laaste ruk twee keer “reünie” in Kimberley gehou tydens die wedstryde van die Wêreldbeker-toernooi vir o.19-krieketspelers.

Graham Charlesworth en sy vrou, Michelle, hier saam met Eugene Jacobs, uitvoerende hoof van Noord-Kaap Krieket. Foto: Facebook

Andy Moles, voormalige kolwer van die destydse Griekwas, is die direkteur van krieket van Afganistan, wat die jong Proteas verlede Vrydag daar in die openingswedstryd van die toernooi geskok het. Moles (58) het onder andere die Vrystaat later afgerig.

Nog ’n Engelse speler wat in sy vier jaar diep spore, eers as speler en later as breier en sameroeper, in die Diamantstad getrap het, Graham Charlesworth, het as ouer van ’n speler ná 20 jaar kom gesig wys in Kimberley.

Charlesworth (54) se seun Ben speel vir Engeland. Hy is ’n aanvangskolwer. Hy het sy 36 lopies in die eerste wedstryd teen die Windies met 82 Donderdag daar teen Australië opgevolg.

Sy pa sal in Kimberley ook onthou word vir sy toegewydheid tot ontwikkeling.

Die Yorkshire-klub, waar hy as speler en breier betrokke was, was destyds die eerste klub van gekleurdes om vir die nasionale klubkampioenskap te kwalifiseer, sê Eugene Jacobs, uitvoerende hoof van Noord-Kaap Krieket.

Jacobs en Charlesworth was lank kollegas. Hulle het die Noord-Kaap spreekwoordelik platgery op soek na talent.

“Die jong Ben was uit die veld geslaan oor hoe baie mense sy pa in Kimberley ken en hom kom groet het,” sê Jacobs.

Charlesworth skryf op Facebook dat hy het omtrent elke vyf minute in ou vriende vasgeloop uit sy dae as afrigter 20 jaar gelede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.