Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Olivier sê nee vir Proteas, ja vir Kolpak
Duanne Olivier is eersdaags nie meer vir die Proteas beskikbaar nie. Foto: Gallo Images

Duanne Olivier, die Proteas se voorste toetsbouler dié somer, is verlore vir Suid-Afrikaanse krieket.

Hy gaan sy loopbaan by Yorkshire as Kolpak-speler voortsit.

Dié graafskap het die nuus Dinsdag amptelik bekend gemaak ná gerugte daarvan aan die einde van die Engelse seisoen die eerste keer gehoor is.

Netwerk24 het aan die einde van Januarie nog berig Krieket Suid-Afrika is nie weer aan die slaap gevang nie en het dié keer betyds opgetree om Olivier vir die Proteas te behou. Dié snelbouler se gedeelde kontrak by die Knights is toe aangepas ná sy skittervertoning in die reeks teen Pakistan.

Sy 24 paaltjies was die meeste in ’n reeks van drie toetse sedert Suid-Afrika se hertoelating tot die internasionale arena.

Maar helaas, het die snelbouler toe besluit om ook die Kolpak-roete te vat.

Hy het Dinsdag navrae verwys na sy agent, Weber van Wyk, wat ook namens spelers soos Morné Morkel, Rilee Rossouw, Kyle Abbott en AB de Villiers optree.

Olivier (26) het wel op Yorkshire se webblad kommentaar oor die moeilike besluit gelewer.

Hy sê hy het aanvanklik planne gehad om soos verlede seisoen weer as ’n oorsese speler graafskapkrieket te speel, maar toe hy die langtermyn-kontrak van Yorkshire gekry het, besluit dit sal die beste vir hom en sy familie wees.

Meer oor:  Duanne Olivier  |  Engeland  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Snelbouler  |  Proteas  |  Kolpak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.