Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ollie vat breek van krieket ná Twitter-herrie

Die Engelse snelbouler Ollie Robinson gaan “ná ’n moeilike week” sy graafskap, Sussex, se wedstryde Vrydag en Saterdag misloop om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.

Ollie Robinson het 'onvoorwaardelik' om verskoning gevra vir inskrywings wat hy in 2012 en 2013 op Twitter gemaak het. Foto: Getty Images

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het Robinson (27) uit alle internasionale krieket geskors weens rassistiese en seksistiese aanmerkings wat hy jare gelede op Twitter gemaak het.

Sy skorsing geld totdat die ECB sy ondersoek afgehandel het oor die inskrywings wat hy in 2012 en 2013 op Twitter gemaak het.

Sussex skaar hom egter agter die speler en sê hy “sal nie bydra tot die straf” wat Robinson reeds moes deurmaak nie.

Daar is verdeeldheid oor sy skorsing. Boris Johnson, Brittanje se premier, en Oliver Dowden, die minister van kultuur, meen die ECB het “oorreageer”.

Sussex sê Robinson is ’n “baie ander persoon” as die jong man wat destyds die twiets gedeel het en hy geniet die ondersteuning van al sy spanmaats sedert sy terugkeer van die Engelse span.

Volgens die graafskap was Robinson se twiets “onaanvaarbaar”, maar hy sal terugverwelkom word sodra hy voel hy is gereed om met die seisoen voort te gaan. – Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Seksisme  |  Rassisme  |  Ecb  |  Graafskapkrieket  |  Ollie Robinson  |  Sussex
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.