Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Oneerbiedige’ Anderson beboet
James Anderson. Foto: Getty Images

Die Engelse snelbouler James Anderson het ’n prys betaal vir sy oneerbiedige gedrag teenoor die skeidsregter Kumar Dharmasena op die tweede dag van die vyfde kriekettoets teen Indië in Londen.

Anderson is volgens die Internasionale Krieketraad (IKR) met 15% van sy wedstrydgeld beboet. Dít nadat hy Saterdag in die 29ste boulbeurt van Indië se kolfbeurt sy pet by Dharmasena gegryp en aggressief met hom gepraat het omdat Virat Kohli nie vir been voor paaltjie uitgegee is nie.

Volgens die IKR het Anderson reël 2.1.5 van sy gedragskode vir spelers oortree. Dit bepaal dat spelers nie oneerbiedig teenoor skeidsregters mag wees nie.

“Anderson het die oortreding erken en die straf aanvaar,” sê die IKR in ’n nuusverklaring. – Reuters

Meer oor:  Indië  |  James Anderson  |  Toetskrieket  |  Engeland  |  Beboet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.